LS
Lara S

1 reviews | Active since Sept 2026

10 Sept 2026, 05:06

Afriskuld nie net daar vir jou nie maar vir jou familie ook!

Ek kan hierdie diens met my hele hart aanbeveel.

Ek het vir skuldberading gegaan toe ek finansieel op my knieë was en ek het nie meer uitkoms gesien nie. Hulle het my met soveel respek en sonder enige oordeel gehelp om weer beheer oor my finansies te kry.

6 Maande na ek begin het met die proses, het ons uitgevind my pa het prostaat kanker Stage 4. Dit was 'n baie moeilike tyd, want hy kon nie werk nie. Maar omdat my eie skuld toe onder beheer was en my geldsake gereël was, kon ek finansieel bydra en hom help wanneer hy dit die nodigste gehad het.

As dit nie was vir Afriskuld nie, sou ek nie eers my eie kop bo water kon hou nie, wat nog te sê my pa kon help nie. Dankie dat julle nie net my finansies gered het nie, maar my ook die kans gegee het om daar te wees vir my familie.

0
Replies (1)
Afriskuld
Afriskuld's reply10 Sept 2026, 07:20
Official
Hi, Lara 
 
Baie dankie vir die 5-ster resensie. Dit is fantasties om te hoor dat u 'n positiewe ervaring by ons gehad het. Ons waardeer die terugvoer opreg en sal dit graag met ons span deel.
 
Vriendelike groete,
Die AfriSkuld Span.