JB
JH B

1 reviews | Active since Mar 2025

11 Mar 2025, 09:55

Afriskuld - mens kan weer asem haal

Mens kan net jouself blameer vir jou skuld, maar soms is dit nodig om skuld te maak, en partymaal "spiral" dit.

Ek het op verskeie geleenthede met 'n baie swaar hart oorweeg om my huis te verkoop. En toe sien ek op Facebook die advertensie van Afriskuld. Ek het met Lee Ann begin gesels (en mens is skaam om oor die goed te praat), maar sy het my so gemaklik laat voel en my laat besef daar is hoop sonder om van jou bates ontslae te raak.

Lee Ann, jou diens is besonders, vriendelik en gee mens hoop. Dis lekker om in Afrikaans, met iemand te praat wat jou nie as nog net 'n nommer hanteer nie.

0
Replies (1)
Afriskuld
Afriskuld's reply11 Mar 2025, 11:03
Official
Hi Jay, 

Baie dankie vir die mooi boodskap. Dit is waar wat jy sê, dit is nie lekker om daaroor te praat nie, maar dit is belangrik en dat 'n persoon aksie neem. 
Ons is so bly dat ons jou kon help en om te hoor van die goeie diens wat jy ontvang het van Lee - Ann. Ons deel dit graag met die span. 

Vriendelike Groete
AfriSkuld Span