ZE
Zanie E

1 reviews | Active since Feb 2026

17 Feb 2026, 12:07

Afriskuld het my menswees terug gegee.

Afriskuld, Ek wil uit my hart vir Neill van Afriskuld dankie sê. Ek het die oproep baie angstig en oorweldig begin, maar hy het my van die eerste oomblik af kalm en veilig laat voel. Hy het my nie laat voel soos iemand wat net onverantwoordelik is nie, maar eerder soos iemand wat regtig probeer om uit ’n moeilike situasie te kom.

Neill het alles stap vir stap verduidelik, al my vrae met geduld beantwoord en seker gemaak dat ek my regte en opsies verstaan. Vir die eerste keer in ’n lang tyd voel dit of daar ’n plan is en dat ek weer kan asemhaal.

Ek is opreg dankbaar vir sy vriendelikheid, professionaliteit en menslikheid. Mens kan hoor hy gee werklik om. Ek sal Afriskuld en veral vir Neill met ’n geruste hart aanbeveel vir enigiemand wat finansieel oorweldig voel.

Baie dankie dat jy my hoop gegee het.

0
Replies (1)
Afriskuld
Afriskuld's reply17 Feb 2026, 12:41
Official
Baie dankie vir jou ongelooflike 5-ster terugvoer, Zanie.
 Jou woorde raak ons regtig diep. Ons is baie bly om te hoor dat Neill jou van die eerste oomblik af kalm en veilig laat voel het, en dat hy jou met geduld en respek deur elke stap gelei het. Niemand behoort ooit veroordeel te voel wanneer hulle hulp soek nie — en dit is presies die tipe diens en menslikheid waarna ons streef.Dit beteken baie vir ons om te weet jy voel weer hoopvol en dat daar ’n plan in plek is. Dankie dat jy AfriSkuld vertrou het en vir jou sterk aanbeveling. Ons stap graag hierdie pad saam met jou.Vriendelike groete,
 Die AfriSkuld Span