PH
Patricia H

1 reviews | Active since Sept 2026

13 Sept 2026, 09:49

Afriskuld

⭐️⭐️⭐️⭐️⭐️ Uitstekende diens! Afriskuld het my regtig gehelp om weer my voete te vind in ’n baie moeilike tyd van my lewe. Ek het deur ’n egskeiding gegaan en is die enigste een wat ’n inkomste verdien, terwyl ek ook vir my twee kinders moet sorg. My finansiële situasie het baie sleg geraak. Die rente op my rekeninge het my letterlik versmoor, en die paaiement op my huis het aanhou styg soos die rentekoerse toegeneem het. Ek het gevoel ek kom net nie meer voor nie. Toe sien ek ’n advertensie van Afriskuld op Facebook en besluit om hulle te ****ak. Ek is so dankbaar dat ek dit gedoen het. Hulle het my gehelp om my finansies beter te bestuur, en skielik het ek net een paaiement gehad om te betaal. Ek het selfs ’n hele paar rand ekstra in my sak gehad, wat vir my en my kinders ’n groot verskil gemaak het. Ek kan Afriskuld regtig met ’n geruste hart aanbeveel. Hulle het my in ’n moeilike tyd gehelp om weer ’n bietjie asem te haal en hoop te kry. 🙏❤️ Baie dankie aan die span by Afriskuld!

0
Replies (1)
Afriskuld
Afriskuld's reply13 Sept 2026, 13:34
Official
Hi, Patricia.

Baie dankie vir die 5-ster resensie en dat u die tyd geneem het om u ervaring met ons te deel. Dit is wonderlik om te hoor dat u tevrede was met ons diens.

Vriendelike groete,
Die AfriSkuld Span