1 reviews | Active since Jun 2013
Baie baie swak diens en onopgeleide personeel.
Ek het so twee weke terug 'n oproep van 'n dame daar gekry en sy het my vertel hul kan my help. Stuiped van my gee ek my besonderhede vir hulle en 'n dag of twee bel iemand my weer en se ek sal 'n sms ontvang, ek moet net op dit reply. Ek het duidelik vir haar gese ek stel nie meer belang nie want ek betaal my skuld die maand klaar en ook nie gereply op die sms nie. Toe ek die plekke bel om te hoor wat is my settle bedrag, toe word daar gese ek is onder debit review en hul kan my nie help nie.
Ek het Donderdag die 23st Nov vir African Debt Advisors ge****ak om alles uit te vind. Blykbaar is daar 'n kanselasie fooi wat betaal word dan sal my name van die Debt review verwyder word. Dis vandag Maandag en na vele oproepe en baklei het ek nog geen sms ontvang nie. Bel jy dan word jy af gesny of die dame met wie ek deel belowe sy sal nou die sms stuur. Ek persoonlik sal die nie die diens van African Debt Advisors vir enige iemand aan beveel nie, hul diens is uiters swak en personeel maak beloftes wat hul nie na kom nie. Ek sien daar is mense hier wat met die selfde probleem as ek sit, en soos ek kan uit maak is die kanselasie fooi R2700.00. Dis belaglik dink ek.
