1 reviews | Active since Aug 2019
Africa Stay
Ons het vakansie in Zanzibar geboek by Africa Stay. Die datums was verkeerd en hulle hulle stuur toe epos met regte datums vir bevestiging. Ek het gevra of faktuur en verwysing vir betaling nog dieselfde bly en hy het dit bevestig. Ek betaal toe die volle bedrag. Na 'n week kom ek by die huis en sien hy het weer vir my dieselfde kaartjies met verkeerde datums op gestuur. Ek ****ak hom en toe sê hy , hy het aangeneem ek aanvaar die ou datums met betaling van faktuur!!!! Ons moes massiewe bedrag onmiddellik op betaal om met die vakansie te gaan sodat datums kon verander. Dit was hulle fout nie my fout. Die oggend van die dag wat ons moet vlieg het ek nog steed geen vliegtuigkaartjies ontvang van hulle nadat ek eposse en oproepe gemaak het. Vriendin in die toeristebedryf help my toe om dit van die internet te kry. Die middag het daar eers van Africa Stay epos gearriveer met kaartjies. Persoon bel my toe en sê hulle het dit al reeds die vorige Vrydag gestuur waarop ek toe vir hom sê hier het geen eposse van hulle op Vrydag arriveer en vra dit hulle dit weer aanstuur sodat ek die datum kan sien. Geen epos tot dusver van hulle ontvang. Ek het epos vir hulle gestuur om te laat weet dat ek dit nie hier gaan laat nie, maar hulle het my net geïgnoreer. Hoop julle kan dalk help?
