IL
Ignatius L

1 reviews | Active since May 2018

04 Feb 2019, 13:17

Swak diens -Oningelig

Op Vrydag 1 Februarie 2019 is my vrou verwys na 'n spesialis in Pretoria vir erge sinus aanvalle wat sy kry. Met 'n verwysingsbrief vanaf ons plaaslike dokter het ons Pretoria toe gery. Daar aangekom het die Spesialis gesê hul werk nie deur Affinity health nie en ons moet ****ant betaal. Ek betaal toe R1300 ****ant. Die spesialis stuur toe my vrou vir 'n CT scan. By Pretoria Oos hospital, daar aangekom moes ons weer hoor ons is een van "daai" pasiente en ons moet ****ant betaal want hul werk nie met affinity health nie. Dit kos my toe verder R2300 wat ek moes betaal. Terug by spesialis gee hul vir ons 'n datum so gou moontlik viur dagkliniek dat my vrou moet gaan vir operasie. Hul gee kodes en s. By huis aangekom bel ek Affinity health om Pre Auth te kry. Die persoon waarmee ek praat sê ek moet dokter se dokumente in skandeer en vir haar stuur, wat ek dadelik gedoen het. Maandag wag ons nog steeds vir toestemming waar ek besluit ek bel hulle. Die operateur sê toe vir my ek moet onthou hul is 'n versekering nie 'n fonds nie. Sy sê toe verder vir my daar kort nog dokumente soos 'n motiveringsbrief vanaf dokter, kwitasie van dagkliniek en ek weet nie weat nog als nie. Hierdie is die 2de insident wat ek met Affinity Health het waar ek nou begin twyfel of ek langer by hul wil wees. Elke maand ontvang hul getrou my premies wat goed genoeg is maar as daar 'n nood is soos hierdie is vir ons 'n nood want my vrou se kop wil bars, dan het hulle lang stories. My polis nommer is ********** 760. Hierdie mense besef nie die belangrikheid van gesondheid nie. Ek weet nie eens wat hul regte epos adresse is waarheen goed gestuur moet word nie. Ek sidder om te dink wat sal gebeur as dit 'n noodgeval is, moet mens eers doodgaan voor hul gaan help Baie dankie' I Lloyd

0
Replies (1)
Affinity Health
Affinity Health's reply04 Feb 2019, 13:41
Official
Good day Ignatius

Thank you for raising your concerns with us.

Please note that an investigation will be conducted and feedback will be communicated to you by a Complaints Officer.

Kind Regards
The Affinity Health Management Team