IL
Ignatius L

1 reviews | Active since May 2018

01 Aug 2018, 16:37

Poor service at Afinity Health

My vrou het na dokter gegaan. Diagnose was blinderderm. Afinity Health wou ons gladnie toestemming gee vir hospitalisasie, want daars wag periode van 12 maande vir blindederm en ons het nog twee weke oor gehad voor hospitaal plan in werking tree. Ek aanvaar dit en vat haar na staatshospitaal. Hul doen toetse en sien dis nie blindederm nie, maar n sist op eierstok. Twee weke verder is pyne erger en sy kannie eers loop nie. Nou is my hospitaalplan se wag periode verby. Ek vra weer toestemming om die sist te laat verwyder en te laat opneem in hospitaal. Nou sê hul dit was n existing condition, en die verwydering van sist is n dag prosedure, en hul betaal gladnie vir dag prosedures nie. Lang gesprekke en hulle is te slim vir woorde. Ons al so baie aan hulle betaal en hul weier om te help. Sê eenvoudig ons moet staatshospitaal toe gaan. Groot geldmors, ek sal niemand aanbeveel om na Afinity Health te gaan nie, ek self gaan stop, nadst ek duisende rande klaar aan hul betaal het. Hulle sal nooit goedkeuring gee vir hospitalisasie nie. Hopeloos te slim vir woorde. Ek gaan ander fondse soek wat sal help. Niemand het geld om te mors nie. As iemand my vra sal ek my polis nommer ook gee, eks nie bang nie

0
Replies (1)
Affinity Health
Affinity Health's reply02 Aug 2018, 09:01
Official

Goeie more Ignatius

Baie dankie dat U, U klagte met ons gedeel het.

Ons verstaan dat u vrou dringende mediese aandag nodig gehad het, en dat haar simptome 'n noodgeval was .

Verstaan asseblief dat dit nooit die bedoeling van Affinity Health is om ongerief te veroorsaak nie, want ons dek sekere mediese behoeftes volgens die polis waarvoor u aasoek gedoen het.

Alle wag periodes was ten volle verduidelik deur die verkoopsmakelaar, en die polis dokumente wat na u gestuur was, verduidelik wat 'n pre-existing condition is.

Let asseblief daarop dat die polis bewoording ook verduidelik dat dag prosedures nie gedek word nie, maar daar is ook ander voordele wat gebruik kan word om te voorsien dat U behoeftes gedek kan word.

Verwag asb. ****ak van 'n Klagte agent, wat die saak met u sal oplos.

Die uwe

Affinity Health Management Team