ML
Marilee L

1 reviews | Active since Sept 2023

03 Sept 2023, 10:13

PATETIESE DIENS

Wat doen jy as jou geyser (Kwikot), wat steeds onder waarborg is, op 'n Vrydag oggend probleme gee. 'n Local Plumber kom help, draai die warm water af (sodat die huis ten minste koue water het), en log a "call" met Eurolux/Kwikot om die geyser te kom uitsorteer.

Vrydagmiddag bel ek vir Eurolux call centre en hou aan vir omtrent 50 minute voordat 'n dame optel. Haar antwoord, "Mev - niemand gaan jou nou help in die Wes Kaap nie, hulle is reeds huis toe".

Sy gee vir my die telefoon nommer van Petrus Pretorius (die Branch Manager van die Wes Kaap) Ek probeer hom herhaaldelik bel, maar hy tel nie sy foon op nie. Saterdag oggend ontvang ek 'n reference nommer van 'n geallokeerde plumber (Fas Trading SA) om die probleem te kom uitsorteer.

Na herhaaldelike oproepe aan hulle (waar die telefoon eenvoudig net nie beantwoord word nie), bel ek weereens die Eurolux call centre (ek hou weer aan vir 45 minute) en sit van moedeloosheid die telefoon neem. Dis nou Sondagoggend - ek het so pas weer die Eurolux call centre ges***el en met Lawrence gepraat. Hy het my verseker dat niemand my op 'n Sondag gaan help om die probleem uit te sorteer nie (aangesien meeste van hul plumbers nie eintlik op naweke werk nie), maar my op Maandag moontik sal s***el.

Ek probeer weereens vir Petrus Pretorius s***el, maar is ook ingelig deur die "call centre" dat hy nie die naweek werk nie en dus nie sy foon sal beantwoord nie. Ek probeer die nommer kry van Johan Coetzee - hy is glo die National Service Manager. maar niemand by die call centre kan die nommer vir my gee nie - hulle sal vra dat hy my Maandag s***el.

Het julle nou al ooit van sulke PATETIESE DIENS gehoor!

0
Replies (0)