JS
Johan S
1 reviews | Active since May 2020
28 Jan 2022, 17:29
Kwikot eerbiedig nie hul waarborg nie, hul probeer dit omseil.
My Ma het 'n geyser laat installeer op 7 Mei 2021. Haar geyser het nou opgepak, volgens Kwikot se persoon wat die waarborg nagegaan het, tel die waarborg nie, want die geyser is glo 'n jaar vroeër vervaardig. Die instalasie datum met gepaardgaande faktuur tel glo nie. Hul probeer om 'n ouer dame te verneuk, en hoop maar dat sy sal stilbly en hulle betaal vir werk wat onder waarborg moet val. Wees versigtig vir die manne, want dit is blatant verkeerd. Ek gaan intussen die maatskappy by die verbruikersraad ook aangee.
Helpful (0)
Replies (0)0
Replies (0)