AT
Andriesa T

1 reviews | Active since Aug 2015

17 Sept 2018, 13:07

ACCOMMODATION SPONSER

Ek wil graag vir Dylan van Adem Gasteplaas buite Rustenburg opreg bedank vir die gratis nag se verblyf wat hulle vir my en my man gegee het tydens die Bodybuiling SA Kampioenskappe wat in Rustenburg plaasgevind het. Ons wil julle graag bedank vir ongelooflike grasvrye ontvangs deur Wincent en 'n ongelooflike ruim, volledig toegeruste woonstel-selfsorg eenheid waarin ons kon slaap Saterdag. Dit was vir ons 'n ongelooflike voorreg om van julle geriewe gebruik te kon maak en sal verseker in die toekoms weer van julle eenhede gebruik maak.

Ek wil regtig enige iemand wat spesifiek 'n behoefte het om rustig en stil te verkeer - 'n regte plaas atmosfeer te ervaar, VERSEKER aanmoedig om Adem Gasteplaas te besoek en van hulle geriewe gebruik te maak..... die eenheid is ongelooflik ruim met 'n sitkamer area, slaap gedeelte en aparte badkamer, netjies en skoon en ten volle toegerus, en reg langs 'n heerlike blou swembad om die Rustenburg hutte op jou lyf af te koel. Ook 'n lapa waar jy kan ontspan en jou drankie kan geniet.

Weereens 'n BAIE GROOT DANKIE aan Dylan wat aanvanklik bereid was om 3 nagte se verblyf gratis aan my seun en sy verloofte te verskaf, en toe hulle dit nie meer gebruik nie, die een nag na my en my man oor gedra het. Dit was BESLIS NIE die laaste keer wat ons daar gekuier het nie. ADEM GASTEPLAAS..... Die betekenis van julle naam "OM VARS LUG TE SKEP" en julle Motto "Guaranteed Hospitality" doen julle naam verseker gestand!! Well done, doen so voort, en ons wens julle net Seen en voorspoed op julle pad vorentoe.

0
Replies (0)