ZB
Ziska B

1 reviews | Active since Aug 2016

04 Jun 2017, 13:44

Trek so reg uit die hel !

<p>Eienaar van Active Transport, Pretoria, ene Gerhard, man met 25 + trek ondervinding en nie teenwoordig dag van trek nie met sy kantoor assistent Leah, uiters ongeskik, wat voorbrand maak om te verseker trek is ten volle klaar betaal voordat hulle meubels kom oplaai ! Trek se trokke daag laat op, een klein trok van Active Transport, hulle (Active Transsport) maak ook gebruik van Macphersons Office Furniture trok en sleepwa. Die bestuurder van Macphersons trok erken hulle vervoer nie huis-meubels nie en het dus geen ondervinding van huis-trekke nie aangesien hulle net kantoor meubels vanaf fabriek na winkel/kliente aanry wat reeds goed verpak is. Die groot trok sou reeds =/- 10 uur oggend by huis wees, maar die kom toe laat vanaf Jhb, met aankoms besef Macphersons hulle sleepwa is te klein, toe reeds helfde van ons meubels op trok gaan trok met van ons meubels terug Jhb toe om groter sleepwa te haal, dus kom groot trok eers na 18h00 aand by ons huis terug agv baie verkeer tussen Jhb en Pta, dus word ons meubels oor en weer oor gegooi van trokkke na sleepwa, algehele nagmerrie!!. Die trek is eers voltooi 21h00 ipv net na 12 die middag !!! Ons het vir spesiale items gevra en betaal daarvoor om bubble rap en beskerming van spesifiseerde items op ****rak, maar geen bubble rap het met trek mense gekom nie! Ons het selfs aandete en koeldrank aan meer as 12 mense van albei trektrokke voorsien. Die volgende dag wag ons in nuwe Provinsie vir die trekmense, ons het deurnag vooruit gery, so ook die trokke. Met aankoms van trekmense word waargeneem 2 van hulle werkers spesifiek, wat vir Active Transport werk, erg na drank ruik! Toe begin die hel ! Die een ouer man wat erg na drank ruik laai 4 boxe op dolly trolley laat val al ons breekgoed en kristal, begin skreeu op ons en ruk boxe se tape af, ons meubels het omgeval in trokke, erg meubel skade, die einste besope man wou he ons moet ""gou"" dokument teken sodoende verseker dat trek as afgehandel beskou kan word , ons het geweier om dokument geteken en toe Polisie ge****ak en saak aangemeld vir eiendomsbeskadiging, toe Active Transport werkers hoor ons ****ak Polisie spring hulle in trokke en ry weg en los al die boxe en res van meubels net so op gras voor in erf vir ons om self in te dra met die hulp van familie wat kom groet het. Ons het Gerhard en Leah direk via sms in kennis gestel tot vandag geen oproep van Active Transport ontvang nie. Die Polisie was by ons huis en ons het n saaknr. ontvang. Ons versekering het Active Transport se ****rak met ons geneem sowel bewys van alle betalings aan Active Transport, kon darem van die beskadige items vervang maar daar is breekgoed, erfstukke waaraan geen prys gesit kan word nie. In my hele lewe het ek nog nooit met n trek soveel hel, hartseer, onnodige uitgawes, stress beleef soos met Active Transport nie, en ons het al heelwat oor ons land getrek agv ons werk. !! </p>

0
Replies (0)