1 reviews | Active since Oct 2019
Service at OR Thambo Airport
Vanaand is ek baie hartseer, my hart is vanaand in Walvisbaai. Was vandag by die lughawe en was baie teleurgesteld oor die behandeling wat ek en my vrou ontvang het. Ons het vanoggend ingeboek by OR THAMBO Lughawe. Die dame wat ons gehelp het, het vir ons meegedeel ons kan die vanity case kan ons hou by ons. Toe ons ingaan om ons hand bagasie in te weeg word vir ons gesê ons mag nie die vanity case invat nie omdat die bottels te groot was. Ons moet terug gaan en die vanity case gaan inboek. Ek het hom verduidelik ons gaan die vlug verpas. Hy het aangedring dat ons moet terug gaan en die vanity cas gaan inboek. Hy wou net nie verstaan nie. Ons het terug gegaan en die vanity case ingeboek. En terug gegaan en 10:05 by hek A22 gekom. By die deur het gestaan "Closed". Niemand wou ons help nie. Ek het terug gegaan na die internasionaal in boek B101. Die dame het op geen vra gevra nie. Die dame het ons verwys na B101 waar hulle supervisor is. Sy was bereid om ons te help. Die dame het ons geneem na SA Airlink toonbank. Die blanke dame het vol gehou ek moes gelees het en sy glad nie behulpsaam Ek het op geen stadium ń kaartjie gekry om te weet wat die vereistes is nie. Ek voel net as die dame gevra of ons enige iets het sou dit nie gebeur het nie.
