1 reviews | Active since Aug 2013
Swak terugvoer vanaf Ackermans
Ek probeer weer. Steeds antwoord hul nie, maar die sms'e hou nie op. En natuurlik is die bedrag al R46.00. Ek MOES iets koop en het vir R18.95 gekoop.Toe ek wou betaal in die winkel, moes ek in 'n ellelange ry staan met slegs 2 kassiere wat help aan die begin van 'n maand waar mense klere koop, ander net wou betaal. Ek het gevra of daar nog kassiere was, maar geen reaksie, en ek het 'n ander afspraak gehad en is toe uit, Het nie geweet wat die bedrag is, ek het mos in elk geval net iets vir R18-95 gekoop. Toe die rekening kom, was die bedrag heelwat mee, maar ek het dmv internet bank die R18-95 op 13 September 2024 betaal. Gevra hulle moet my rekening sluit, ek doen nie besigheid met sulke diens wat so swak gelewer word nie. Ek het ook ges***el en verduidelik, maar hulle het net gese ek moet betaal, Ek het tot op datum nog geen rekening weer ontvang om te verduidelik hoekom die bedrag R46-00 is. Kan ek asseblief antwoorde kry?
