ME
Magdalena E

1 reviews | Active since Mar 2015

04 Jun 2019, 09:33

Dringende Klagte teen TATA Pietersburg

My suster is Ronel Neethling. Selnr ********** . Sy is n onderwyseres by n Laerskooltjie in Atok in die boendoes. Ek sal vreeslik bly wees as iemand haar kan ****ak. Sy het n TATA wat eindeloos probleme gee, en TATA kan dit net nie regmaak nie. Daar is maar 45000 km op die klok, maar daai kar staan maande aaneen, omdat hy stukkend is, en nie kan "start" nie. Mense moet haar alewig aan die brand kom stoot, en daarvoor moet sy elke keer betaal. Sy is n ongetroude enkelma, en hulle woon in Atok, n klein dorpie so 80 km vanaf Pietersburg. Hulle, of soms sy alleen, of haar dogter alleen, gaan staan in die donker tussen niks en nêrens nie, langs die pad met n stukkende kar. Dis n eensame pad, met vee en hutbewoners die wêreld vol. Dis regtig baie gevaarlik vir dames om daar gestrand te raak, en dit het al meermale gebeur. TATA het nou weer haar motor gediens, nadat hulle Hoofkantoor "goedgunstiglik" iets met haar ruitveërs sou regmaak. Vir die diens moes sy ook hoe lank wag. Toe sy haar kar vanmiddag gaan haal, nadat hulle laat weet het hulle is klaar, kom sy agter die ruitveërs werk wraggies nog steeds nie. Sy wag toe maar geduldig tot hulle dit regmaak. Daarvandaan stop sy gou by die Mall om n paar goedjies te koop, aangesien daar geen winkels is waar sy woon nie, en sy letterlik na n ander dorp toe moet ry vir alles. En so kan sy nie eens brood en melk gaan koop sonder n lopende voertuig nie! Toe sy by die Mall wou wegry, wat toe? Selfde ou storie - ja, die kar wil al WEER nie loop nie. Sy bel toe die TATA garage, en gelukkig was daar nog mense. Hulle het kom kyk, en kon weer eens nie die kar aan die loop kry nie. Ek weet nie wat daar gebeur het nie, maar ek net dink, want sy was moedeloos en woedend... Sy het op die ou end met die TATA Garage se trokkie Atok toe teruggery. Laat hulle maar sukkel met die ding wat nie wil loop nie... Sy moet na n ander dorp toe ry om haar kar te gaan haal, wat nou seker al 2 maande daar staan, want die TATA Garage se motorwerktuigkundiges kry hom NET NIE reg nie. Voor dit het haar kar ook nog 2 maande in n buurman se werf gestaan, omdat die kar weer net gedood het. Sy loop al vir maande lank werk toe en terug. Eerstens was sy een van die 1000'e ****offers wat skielik in plaas van R699 pm ek dink skielik R2800 pm moet opdok, of hulle dit nou kon bekostig, of nie. En nou sit sy met die "DUD" motor, wat sy nie meer wil hê nie, want met slegs 45000km op, watse probleme le nog vir haar voor, soos wat die motor ouer word? Sy moes nou die dag iemand R1000 betaal om haar Pretoria toe te neem. En sy het seker al R800 airtime uitgebel agter TATA aan. Help GROOT asseblief? ****ak haar, asseblief, my sussie is moedeloos? My ma in Upington, en so ook almal van ons, is regtig bekommerd oor haar veiligheid. Ek het seker nie eens die helfte hier vertel nie, so jy kan jou indink hoe sy moet sukkel. Die bogenoemde deel was al meer as 'n jaar terug geskryf. Ronel sit nog steeds met die motor, en sy het nog dieselfde probleme. Sy is regtig moedeloos. Die Ombudsman het haar wel ge****ak... Lank, lank gelede, maar dis ook al. Nog nooit weer van hulle gehoor nie. Ek dink hulle het toe net gesê daar is nou 'n saaknommer. Ek praat onder korreksie. Haar selnommer is ********** en haar e-mail is ********** Probeer asb om haar in die namiddag te s***el, want sy hou skool, en is seker tot 2uur of half 3 daar besig. Probeer asb tot julle haar in die hande kry, want Atok se selfoonseine is ook maar gereeld af. Sy is op moedverloor se vlakte. Die skooltjie gaan dalk ook toemaak, omdat die myn daar gaan toemaak. So, julle sal verstaan dat sy met baie stres sit. Baie dankie "in advance". Ek glo regtig julle is die antwoord op hierdie probleem van haar.

Hello Peter, hierdie is ‘n ou mail wat ek aan julle gestuur het. Al wat daarvan geword het, was dat ‘n TATA handelaar haar gebel het en gesê het Hello Peter sê sy wil ‘n TATA koop!!!!!!!!!!!!!!!!!!! Na hierdie probleme, en dis nou al jare, gaan dieselfde patroon net aan en aan. By elke stopstraat vrek die kar. Sy ry nou met BMW plugdrade, want Pietersburg se TATA garage het nie TATA plugdrade in voorraad nie, en hulle moet eers bestel. Dan moet sy WEER Pietersburg toe ry. 80km soontoe en 80km terug. Haar onkostes word net al hoe meer, en haar motor word nie herstel nie. Die diens daar is non-existant! Kan julle haar asb ****ak op ********** , verkieslik na 14h00 smiddae, aangesien sy skoolhou. Julle hulp sal vreeslik waardeer word.

Dalena Enslin Namens Ronel Neethling ********** ********** 04/06/2019

0
Replies (0)