1 reviews | Active since Jan 2012
Absa stuur aan my 'n sms op 25 Feb 2016 wat beweer dat weens 'n tegniese probleem, my aankoop op 23 Aug 2015 vir R200, by SASOL Fonteine, (6 maande gelede) sal eers gedebiteer word op 26 Feb 2016. My vrou het 'n soortgelyke SMS ontvang. My navraag by die lokale tak (Me de Jager) het niks opgelewer nie en sy kon nie antwoorde verskaf nie en het ook nie argiefstate getrek nie. Argiefstaat wat ek getrek het van 30/07/2015 tot 29/08/2015 toon egter baie duidelik dat die R200 wel op 18/08/2015 gedebiteer is. My vrou het glad nie sake met SASOL Fonteine op enige tydstip gedoen nie en argiefstate bewys dit.<br> 'n Oproep na navraag het my by Izak uitgebring. Izak se stem is in so 'n mate beinvloed deur een of ander toestand, dat hy onverstaanbaar voort gebrabbel het. Dit het my niks wyser gemaak nie.<br> Getrou aan hulle belofte het ABSA toe op 26/02/2016 R200 van my Rekening gevorder en ook R200 van my vrou se Rekening. Al hierdie navraag en trek van argiefstate kos nou vir my geld agv ABSA se onbevoegdheid om die fout reg te stel. Ek is 72 jaar oud en nie meer lus vir sulke onbevoegdheid nie. Asb, iemand met insig, sorteer die deurmekaarspul uit!!<br>
Best regards,
Best regards,
© Copyright 2026 hellopeter.com and its affiliates. All rights reserved.