1 reviews | Active since Apr 2018
SWAK DIENS ABSA
ABSA se diens is van die swakste wat ek nog ooit ervaar het - Nee kan nie so sê nie want hier en daar is daar persone wat above en beyond gaan maar dan kry jy die in die instansie wat net eenvoudig besluit het dat maak nie saak wat nie, jy het vir jouself probeer opstaan en ons gaan jou wys jy sal nie gehelp word nie.
My ma word hierdie jaar 80 is vandat ek verstand het 'n klient van ABSA deur naams veranderinge die lot.
Nou hier is waar ek 'n wrang smaak vir die bank ontwikkel het. Tussen 7 en 24 Maart 2020 is daar plus minus 6300 se airtime gekoop. sommer 2 - 5 transaksie op 'n **** - sy gaan bank toe om dit onder ABSA se aandag te bring. Wat is die tak se siening jammer ons is besig kan nie nou help nie. Nou dis heel verstaanbaar - so sy gaan terug. jammer net een persoon kan jou help met die klagte nog steeds besig - nie 'n kan ons jou nommer kry en jou terug bel nie net jammer ons kan nie nou help nie. Kan weer in want die transaksies wat lugtyd koop gaan weer af - ABSA luister nie verder as hier is 'n sms wat bewys dat die lugtyd na jou foon is - jammer ons kan jou nie help nie . Ek laat maak my ma 'n afspraak en gaan saam met haar op die ou einde kry ons 'n nommer en word daar gesê bel die nommer en meld die bedrog by hulle aan. iets wat ek voel die tak my ma mee moes gehelp het.
Kry die bedrog afdeling in die hande na 'n paar oproepe en deur sit van een afdeling na 'n ander. Die vroutjie is hulpvaardig en gee die proses deur wat gevolg moet word. Die airtime is na my dogter en my Ma se internet ****el. Absa se uitsluitsel - jy of jou dogter het dit gekry so jammer ons gaan nie meer verder ondersoek instel oor hoekom dit gebeur het nie en gaan dus ook nie jou geld terug gee nie.
Niemand kan of wil luister nie - weet julle hoe voel dit om in 'n winkel te staan en 1300 se lug tyd transaksies gaan af en jy is nie op jou foon om dit te kan magtig nie. jy kry nie eens die boodskap wat deur gee dat jy moet goedkeur om dit telaat deur gaan nie. ABSA se antwoord. as 'n foon nommer te veel gebruik word dan kry jy nie die notification nie. REGTIG dis skoon snert. Die ander aantuiging wat ek my waardigheid heel verloor het is dat die ABSA ondersoek beampte deur gegee het dat my dogter wat saam met ons in die winkel was die foon gevat het en eenkant gaan staan het en die transaksies gedoen het terwyl ons nie kyk nie. Dis die eerste keer in my lewe dat ek op iemand gegil het van totale frustrasie. Dis onprofesioneel en kan tot 'n laster saak lui Verder laat ABSA ook deur skemer dat 'n persoon van 80 nie meer heel by hulle postiewe is nie en die inligting vir iemand kon gee het. My ma mag dalk 80 wees maar werk nog steeds. Sit elke middag van 3 - 5 om kinders te help met huiswerk. Sy hanteer haar eie sake en nie een van ons het toegang tot enige iets van haar nie.
maar wys jou net eenmaal weer. ABSA gaan net oor wat hulle kan kry uit beleggings. die klein outjie daarbuite beteken absoluut niks vir hulle nie.
ABSA het hulle "stand" ingeneem en se net jammer ons gaan jou nie help nie jy het die lugtyd gekry
Lyk my as ons nie kan verduidelik nie moet jy maar die pak vat
Ongehoord
Jorika Theron staan in vir Marie Wilson
