CM
Cem M

1 reviews | Active since Apr 2017

22 Jan 2020, 09:55

Swak diens Absa

My man is oorlede op 3 Desember 2019. Ek weet dat hy 'n tjek rekening gehad het by Absa bank asook 'n Persoonlike lening. Ek is op die testament aangewys as enigste erfgenaam asook Testatrise. Daar is geen bates nie. Ek s***el Absa hoofkantoor om dit aan te meld en navraag te doen oor wat my te doen staan. Die dame van Absa lig my in dat sy my geen inligting kan gee nie, my MAN moet eers power of attorney teken. HOE? Ek wag 'n dag en s***el weer, Hulle s***el my deur na 'n ander afdeling. Die persoon wat andwoord baie behulpsaam, se dat daar is 'n "funeral plan" ens ek moet net doodsertifikaat stuur en afskrif van id. Ek doen so. Intussen gaan ek Absa toe en kan hulle my nie help nie, ek moet hof toe gaan en Letter of Authority kry. Gaan na ons plaaslike hof, hulle kan nie help nie aangesien daar is testament is. Ek moet Bloemfontein toe na die Meester toe. Kom in Bloemfontein, kry die nodige dokumente en vra ek of dit al is wat nodig is. Die Meester self bevestig dat ek dit kan gebruik oral asook die banke. Kom terug en weer na plaaslike absa. Ongelukkig kan hulle my nie help nie aangesien Absa nie op die Letter of Authority verskyn nie, Ek het geen inligting van Absa nie, so hoe moet ek dit opsit. Ek vra vir 'n staat sodat ek kan terug gaan, en word gese ek mag nie staat kry nie, maar die nommer word vir my neergeskryf. Terug Meester toe. Hulle aanvaar nie die nommer nie, soek 'n staat. so wat staan my te doen. Hulle stuur my Absa in Bloemfontein met 'n brief, kry die staat, terug Meester toe, kry die amended dokument, terug Absa toe. Jammer nou kan hulle nie help nie, ek moet R 500 betaal. Regtig? Besluit om te help nadat ek in trane uitbars. ?Jammer die sisteem is nou van lyn af. Intussen sit ek by die konsultant, en hoor hoe die konsultant langsaan, Michelle Walker, my bespreek met die klient voor haar. 'n familie vriend kon ek aflui. Nogal baie profesioneel. En ek nog steeds nie die rekening oopgekry vir late estate nie, en intussen het die begrafnis polis, wat in my naam gesedeer is, in die tjek rekening inbetaal, die overdraf gedelg.

0
Replies (2)
Absa
Absa's reply22 Jan 2020, 15:59
Official
Geagte Cem Marais Dankie dat u hierdie aangeleentheid onder ons aandag gebring het. Ons vra opreg verskoning vir enige ongerief. Voorsien ons asseblief van u oorlede man se Identiteitsnommer of rekeningnommer, sodat ons u klagte kan ondersoek en terugvoering kan gee. Groete
Daphne Le Grange

Best regards,

CM
Cem M's update22 Jan 2020, 16:12
Reviewer Update
Daphne, baie dankie vir die terug voer. kan jy my asb van jou epos adres voorsien dan sal ek die nodige vir jou aanstuur. dankie