RN
Ronelle N

1 reviews | Active since Feb 2019

16 Jan 2026, 16:40

Swak diens

Aug 2025 is daar n aardige bedrag uit my man se kredietkaart geswendel. Ons het dadelik die polisie en ABSA se bedrog afdeling ge****ak en ook die polisie. Na baie gesukkel het ABSA ons n minimale bedrag uitbetaal. Na baie baklei, nou nog, het die dame by die bedrog afdeling van ABSA nou nog nie met ons ****ak gemaak of n verduideliking gegee hoe hulle op daardie bedrag uitgekom het nie. Ons het gevra vir emails vir bevestiging van uitbetaling en n verduideliking, maar geen reaksie. Ons het niks om op te gaan nie, want niks is op paier nie. Ons moes n privaat speurder ook kry om die saak te ondersoek. Al die besonderhede is gekry en alles is deurgegee, maar die vrou by ABSA was glad nie vriendelik en behulpsaam nie. Geen antwoorde en geen reaksie. Dis swak. Ons is ons hele lewe lank by ABSA en dis die diens wat ons kry. Heeltemal onaanvaarbaar. Ons wil net weet hoekom daai bedrag uitbetaal is en ons wil n ver**** hê. Ek kan nie glo, na al die bewyse, so n minimale bedrag uitbetaal word nie. En nog n ding is, na die bedrog, moet ons nog die rente op die gesteelde geld ook betaal. Heeltemal onaanvaarbaar. Waar is jou kliënte diens ABSA? Ek soek antwoorde.

0
Replies (0)