PUIK DIENS
<p>Ek het al telkemale die afgelope jaar verskeie probleme ten opsigte van my rekening by Absa ondervind. Alhoewel ek in die Paarl woonagtig is, verkies ek om die Wellington tak te besoek, aangesien ek puik diens by hierdie tak, en veral by name Mev. E. Engelbrecht kry. Elke probleem of navraag was nog elke keer so spoedig moontlik na omgesien en opgelos. Sy is altyd vriendelik en haar hulp was nog altyd vir my van onskatbare waarde.</p> <p>Die Wellington tak kan voorwaar trots wees op haar as werknemer. Dankie mev. Englebrecht, jy is vir my goud werd!</p>
Dis aangenaam om komplimente oor personeel te ontvang wat kwaliteit diens aan kliënte gelewer het. Ek bedank u graag vir die tyd en moeite om dit onder my aandag te bring.
Vriendelik die uwe
Claudette Lewis
Groep Kliëntesorg
Absa Bank Beperk
Best regards,