DD
DJ D

1 reviews | Active since Feb 2017

14 Apr 2023, 17:37

ONETEIESE OPTREDE IN TYD VAN TRAUMA

My broer wat 'n Flexi Debietrekening by Absa gehad het is oorlede op 30 Maart 2023. Hierdie betrokke rekening het 'n begrafnisvoordeel. By verskeie navrae in Welkom en Kroonstad het Absa se betrokke personeel geen begrip of empatie getoon nie. Dit blyk dat onbevoegdheid en rassisme grootliks die redes hiervoor kan wees. In Welkom is daar aangevoer dat ek op 'n later stadium die aangeleentheid met die betrokke personeellid moet opneem, aangesien dié persoon slegs twee maal per week beskikbaar is in die Welkom-tak. Ek het verduidelik dat ek van Kroonstad is. Ek is toe aangesê om die aangeleentheid eerder in Kroonstad aan te meld. By Absa se Kroonstad-tak is daar vir my gesê dat ek 'n eksekuteursbrief benodig om aansoek te doen vir die uitbetaling van die begrafnisvoordeel. Wat is die doel daarvan om 'n begrafnisvoordeel te hê, as die voordeel nie betaal kan word vir die doeleindes van die begrafnis nie? Nou, agt dae na die begrafnis weier die skynbare rassistiese personeel van Absa se Kroonstad-tak steeds om my te help. Die begrafnisondernemer weier om die as van my broer aan ons as familie te oorhandig voordat die rekening vereffen word. Baie dankie Absa dat julle die trauma van die dood van ons geliefde 'n onvergeetlike nagmerrie maak. Verduidelik asseblief net wat die doel van die begrafnisvoordeel is, as julle dit nie vir die begrafnis uitbetaal nie? Absa se hantering van hierdie hele aangeleentheid spreek van moreel onetiese optrede. Dit is 'n skreiende skande hoe hierdie hele aangeleentheid hanteer word. Met my navraag op Absa se klagtelyn vroeër vandag is ek in kennis gestel dat ek moet wag tot "1:55 PM die 19de April 2023". Absa behoort hulle te skaam vir hierdie hartelose optrede teenoor mense wat die trauma van dood moet verwerk.

0
Replies (1)
DD
DJ D's update26 Apr 2023, 17:51
Reviewer Update
Russel, as discussed with you, the letter of authority will be send to you as soon as I receive it from the lawyer.

Regards.