1 reviews | Active since Feb 2017
LEË BELOFTES EN VOORTGESETTE PATETIESE DIENS
Op 17 Mei 2023 ontvang ek 'n epos van Zandi Nkosi dat die eis afgehandel is ten opsigte van die Flexi Spaarrekening in my oorlede broer se naam. Op 22 Mei 2023 onderneem Russell Edwards om persoonlik vir my 'n afspraak te reël met Louis du Plessis om hierdie aangeleentheid af te handel. Dit het nie gerealiseer nie. Russell het 'n epos aan my gestuur waarin hy verskonings aanbied oor al die vergaderings wat hy moes bywoon en waarom hy nie sy woord gehou het nie. Ek het egter se na Luis du Plessis gegaan en soos op die vorige geleentheid is hy die enigste persoon met integriteit en bereidwillig om my te help. In Louis se teenwoordigheid het het hy vir Mosiuoa Khunyeli die verantwoordelikheid gegee om die aangeleentheid af te handel. Nodeloos om te sê, maar die ene Mosiuoa Khunyeli het nie sy werk gedoen nie. Hy het nie op my eposse van 24 Mei 2023 en 26 Mei 2023 gereageer nie. Op 30 Mei 2023 het ek die aangeleentheid weer onder die aandag van Louis du Plessis gebring. Op 31 Mei 2023 het Mosiuoa Khunyeli my ges***el en die patetiese verskoning aangebied dat die rekeningnommer waarin die geld inbetaal moet word kwansuis onduidelik is. Indien dit die geval is, waarom het Mosiuoa Khunyeli my nie vroeër daarvan in kennis gestel nie? Op 31 Mei onderneem hy dat die geld dieselfde dag aan my oorbetaal sal word. Drie besigheidsdae later en daar is nog geen geld aan my oorbetaal nie. Waaarom nie? Is dit onbevoegdheid? Of skynbare rassistiese gedrag omdat ek my misnoë met die swak diens te kenne gee? Ek eis dat bekwame senior bestuur hierdie saak sal afhandel voor die einde van die werksdag van 2 Junie 2023. Ek hoop daar is so bekwame persoon in diens van Absa, want dit blyk dat "over promise and under deliver" eerder die ****spreuk van Absa behoort te wees.
