1 reviews | Active since Jan 2019
Kredietkaart bedrog take a lot.
Ek doen hierdie skrywe namens 'n bejaarde vriendin. Sy is mev Hettie Brink, 'n bejaarde weduwee van 78 jaar met slegs 'n pensioen. Sy het ook 'n 50 jarige dogter in haar sorg wat medies ongeskik is vir werk wat sy versorg. Sy het op 18 Oktober 'n oproep van 'n manlike werknemer van Absa ontvang. Die persoon stel homself bekend as werknemers van d kredietkaart afdeling van Absa, noem dat Absa haar as bejaarde kliënt wat wat al 43 j n kliënt is by Absa wil beloon omdat sy so 'n getroue kliënt is met 'n bonus. Sy moet net haar besonderhede verifieer. (persoon het reeds haar naam en van geken, ook dat sy 'n kredietkaart by Absa het.) Sy moet toe haar identiteits no, verifieer nes Absa altyd doen, kry ook toe sommer haar PIN en verval datum. Omdat sy wel bewus is dat Absa 'n bonus stelsel het, twyfel sy nie aan die egtheid van die oproep nie. Twee keer word daar R2500 vanaf Parow onttrek uit haar rekening en toe 'n bedrag van takelot. Com van R15694. 00. Let ook dat d betrokke bedrae ook nie op haar selfoon as onttrekkings registreer soos met al haar ander aankope en bank transaksies nie. Toe sy wel die kredietkaart wat sy as pensioenaris slegs vir noodgeval gebruik wil gebruik ontdek sy dat sy geen krediet beskikbaar het nie. Sy het 'n plaaslik tak van Absa om Caledon ge****ak en 'n paar dae later het 'n uiters onbeskofte en onsensitiewe persoon haar ge****ak en meegedeel dat Absa niks vir haar kan doen nie. Daarna het sy ook d aangeleentheid by die polis aangemeld. Sy is weer terug na die plaaslike bestuurder van Absa op Caledon wat ons meegedeel het dat sy 'n skrywe aan Maria Ramos sal rig. Sy het geen terugvoering hierop ontvang nie. Weer terug bank toe is sy aangeraai om 'n skrywe te rig aan Absa. Absa het wel op 5 Desember 2018 'n skrywe aan haar gerig wat sy by d bank moes afhaal,sy is aangerig om a aanbod van R5000 korting te aanvaar as afhandeling van a aangeleentheid, ook dat sy d balans nog verskuldig is. Sy moet dit ook vertroulik hanteer en as finale afhandeling sal aanvaar wat as "ex gratis payment as 'n gesture of goodwill and not a admission of liability" Sal sien nie. Sy moet dit onderteken so hou moontlik en afstand doen van enige ander eise. Wat ons geen antwoorde kon vind nie was waar kom die persoon wat haar ten eerste ge****ak het aan haar besonderhede, het sy nie versekering op so iets nie en indien nie, wat doen Absa vir sy bejaarde kliënte se beskerming? Kan u ons dalk van hulp wees asb? 2
Thank you for bringing this matter to our attention. We will investigate the matter and furnish feedback once matter has been resolved.
Kind regards
Daphne Le Grange
Group Customer Care
Absa Bank Ltd
Thank you for bringing this matter to our attention. We will investigate the matter and furnish feedback once matter has been resolved.
Kind regards
Daphne Le Grange
Group Customer Care
Absa Bank Ltd
