KM
Kleintjie M

1 reviews | Active since Mar 2009

05 Feb 2015, 15:44

Is Zeerust tak onbelangrik?

Ek was vanoggend by Zeerust tak om my kredietkaart te gaan haal. Hul stelsel was ongelooflik stadig en die een dame by navrae se rekenaar was heeltemal van lyn af. Hoekom word daar nie opgradering by die tak se stelsels gedoen nie? Is diens glad nie belangrik vir ABSA nie? Zeerust is gelee in 'n boerdery gemeenskap en daar is ook baie ander kulture woonagtig hier. Ons is self boere en ons bly 30km vanaf Zeerust. Dit is baie ongerieflik om in lang rye in 'n bank te staan en wag vir stadige stelsels. Wanneer ons dorp toe gaan, het ons baie ander belangrike dinge om ook te doen. Mense skuif oor na ander banke omdat hul dienslewering baie beter is en daar is nie lang rye waarin jy vir ure staan nie. Die ander nadeel is dat mense baie lelik raak met die personeel van Absa en eintlik is dit nie hul skuld dat Hoofkantoor nie omgee om hul stelsel op te gradeer en vinniger te maak nie. Ek is seker daar is baie personeel wat bedank reeds oor bg rede en dis eintlik onnodig. Is sulke klein takke van Absa nie belangrik genoeg nie of gee jul werklik nie om dat jul personeel daagliks verbale beledigings moet aanhoor nie. Kan iemand asb die inisiatief neem en sorg dat jul Zeerust tak hulp kry.

0
Replies (1)
Absa
Absa's reply06 Feb 2015, 08:33
Official
Hello kittie,


Thank you for bringing this matter to our attention. We will investigate the matter and furnish feedback shortly.

Kind regards
Claudette Lewis
Group Customer Care
Absa Bank Ltd