1 reviews | Active since Jun 2015
Dit is nou 'n jaar later en ons het met verskeie persone gepraat oor die geld wat in September 2022 uit ons ABSA rekeninge gesteel is. Hul het wel 'n bedrag van R 30,000.00 terugbetaal van Western Union maar sê die ander wat gesteel is, is ons eie toedoen. Die kriminele het die geld vanaf ABSA na ons Capitec rekening oorgeplaas en ABSA sê ons moet Capitec Bank vra hoekom hul nie die geld aan ons wil terug betaal nie. SONDER ENIGE SUKSES. Ons kry net elke keer 'n epos wat die reëls is om nie jou pin, adres of ID aan die persone te verskaf nie (wat ons gladnie gedoen het nie). Dit is 'n skande dat ABSA ander gelde vir allerhande ander goed wat onnodig is betaal maar wanneer jou geld gesteel word het hul baie stories. DIS 'N SKANDE. ABSA Bank het in die laaste tyd verskriklik agteruit gegaan om hul kliënte te help. Glad nie 'n goeie bank nie. Bedrog afdeling steur hul nie eers aan die eposse wat gestuur word nie. Stuur net 'n standaard brief terug met al die voorwaardes van die moets & moenies daarop.
Best regards,
Best regards,
© Copyright 2026 hellopeter.com and its affiliates. All rights reserved.