SW
Sarie W

1 reviews | Active since Jun 2018

02 Jun 2018, 19:23

Frustrasie met studielening

Ek het n' studielening vir my dogter A Wessels by ABSA vir 3 jaar gehad en kon hierdie jaar nie weer kwalifiseer vir 'n lening nie. Vanaf begin Februarie sukkel ek om 'n reëling te tref om die lening terug te betaal. Versoeke om slegs die rente op die lening te betaal aangesien sy nog studeer is afgekeur en elke maand word daar R6125 van my rekening verhaal. Na verskeie eposse en telefoon oproepe (van my tak in Bethlehem, Bloemfontein en Johannesburg) het ek op 24 April met die LoanRestructure departement 'n reëling on tref om die lening te her-struktureer en R3891 per maand te betaal. Einde April is daar egter weer R6125 van my rekening verhaal en na 'n telefoon oproep is die verskil terugbetaal na my rekening met die belofte dat die fout reggestel sal word. In Mei maand het ek my staat ontvang en gemerk dat die bedrag as agterstallig op my staat toon en dat die paaiement nog steeds R 6125 wys - ek het weereens 'n epos aan LoanRestructure gestuur maar geen terugvoer gehad nie. Vanoggend 01/06/2018 is daar R8377 van my rekening verhaal.

Ek weet nie meer wat om te doen nie. Ek is 'n enkelouer met slegs een inkomste en na 5 maande se gesukkel met ABSA word daar nie by die reëlings wat ons getref het gebly nie. Daar is net geen diens of regverdige behandeling nie.

0
Replies (1)
Absa
Absa's reply04 Jun 2018, 11:27
Official

Dear Client

Thank you for bringing this matter to our attention. Kindly note that your case is being dealt with by one of our case managers with reference number *** . He will investigate and get back to you with outcomes.

Kind regards
Nthabiseng Sibande
Group Customer Care
Absa Bank Ltd