CP
Casper P

1 reviews | Active since Oct 2017

23 Oct 2017, 12:05

DIE OOREENKOMS TUSSEN ABSA BANK JACOB SUMA EN 'N VOLSTRUIS

Die Openbare Beskermer het beveel dat 'n kommissie van ondersoek aangestel moet word na Staatskaping. Almal in Suid Afrika en nou ook selfs in die Buiteland is bewus van Jacob Zuma se pogings om sover moontlik van hierdie ondersoek weg te bly.

Wanneer daar 'n klagte op hellopeter geplaas word oor ABSA Bank skitter hulle in hulle pogings om soos Jacob Zuma die onvermydelike te vermy. Daar word dadelik 'n boodskap deur die Groep Klientediens van ABSA Bank me Vanessa Crowe gestuur waarin sy onderneem om die aangeleentheid te ondersoek. Hierdie is dan die laaste woord uit ABSA Bank se Klientediens.

'n Volstruis het weer die gewoonte om sy kop in 'n gat te druk wanneer gevaar naderkom. Op die manier probeer hy soos 'n Zuma of 'n ABSA Bank wegkom van sy probleme. Moontlik die rede waarom ABSA Bank steeds die KKNK kunstefees aanbied. Die groep het reeds 'n groot deel van sy jarelange "afrikaanse" borgskappe beeindig. Ek dink hier aan een van die oudste TV programme soos Noot vir 'n Noot en dan ook die oudste rugbykompetisie die Curriebeker.

Terwyl 'n groot groep werkers hulle werk verloor het as gevolg van ABSA Bank se roekelose en nalatige optrede ontvang ABSA Bank se senior personeel nog steeds hulle groot salarisse en groot bonusse. Daar word ook groot berae geld spandeer aan prokureurs en advokate om hierdie verantwoordelikhede uit die hof te hou. Aangesien die opdrag van 'n groot korporatiewe klient kom sal regspersone eerder vir die geld as vir hulle gewete luister.

Sies ABSA Bank en ander verantwoordelike partye!

0
Replies (1)
Absa
Absa's reply23 Oct 2017, 17:02
Official

Dear Customer

Thank you for bringing this matter to our attention. Kindly provide us with your account/ID number to log a formal complaint for investigation. Also use the private reply for me to see the details. We will investigate the matter and furnish feedback shortly.

Kind regards
Nthabiseng Sibande
Group Customer Care
Absa Bank Ltd