1 reviews | Active since Nov 2014
Deon de Villiers
<p>Ek het ñ paar jaar terug ñ dames klub wat ñ rekening by ABSA het se rekening gaan laat verander sodat ons die rekening by ñ atm kan gebruik. Ek moes die nr ***s***el om ñ afspraak by Deon de Villiers te Odendaalsrus tak te kry. Afspraak is gemaak en ek het alle nodige handtekeninge, notule vir goedkeuring, ens gehad. Deon het die verandering gedoen maar toe ek die kaart wil gebruik werk dit nie by ñ atm en moes ek in ñ ry gaan staan by navrae en het die dame na vele gesukkel die fout reg gestel. ñ Paar jaar later het ek ñ ander dames klub se rekening ook gaan verander weer via die nodige afspraak en alle papierwerk wat daarmee saam gaan. My afspraak was 2 uur die middag. Ek stap na 4 by die bank uit. Die bank was al gesluit toe ek daar uit gaan want Deon vertel my van "specials" van magarine by Shoprite, die motor wat hy jare terug gery het - dinge waarby ek geen belang het. Toe ek die kaart moes gebruik by ñ atm werk dit weereens nie. Na ek weer in die ry moes staan by navrae kon die fout nie reg gestel word en die einde van die saak was dat ek maar die kaart by ñ kollega van Deon moes los en het die vir ñ paar dae gesukkel om die fout reg te stel. Op 24 Feb 2017 om 12:00 s***el ek bogenoemde nommer om ñ persoonlike afspraak te maak. Ek kry eers ñ afspraak vir 8 Maart om 13:00. Nou rerig is Odendaalsrus tak so besig? Op 8 Maart is ek 1 uur by ABSA. Ek moet sit en wag want daar is ñ persoon van ñ kerk voor my wat gou moes gehelp word. Hoekom moet ek s***el vir ñ afspraak en die ander persoon nie en moet ek wat ñ afspraak gemaak het sit en wag asof ek die tyd het??? Omdat ek van minder belang is want ek het nie die geld vir ABSA nie en is ñ boer wat nie vir ABSA in SA belangrik is nie?? Deon stel nie belang in jou as persoon want hy kry mos elke maand sy salaris en weet nie dat ek boer. Hy ken my familie en familie omstandighede maar sal my eerder vertel hoe ver hy moet ry vir sy werk en hoe hul 3 is wat 10 se werk doen! Ek stel nie daarin belang en vertel nie vir hom dat ons net 2 op die plaas is wat 5 se werk moet doen! Ek vra hom raad want ek moet boer terwyl dit droog was en ek nie met my beeste deur die winter kon kom. Ek besit grond terwaarde van 5 miljoen rand en ñ huis in Hentiesbaai,Namibia ter waarde van R900000. Ek wil die bedrag van R150 000 by die bank leen vir my boerdery. (Onder andere geweerlisensies wat familie wapens is en wat oorgedra moet word na my seun wat nog nie 21 is nie (Deon sal nie van familie wapens verstaan want hy besit nie iets wat al ge****te lank in ñ familie is nie) diesel vir die boerdery, senwes rekening wat betaal moet word, voertuig lisensies (wat trekkers is wat vir die boerdery gebruik moet word) lone van 1 werker, grondbelasting wat betaal moet word, en onderhoud wat op trekkers, implemente en grensdrade op plaas gedoen moet word asook ñ bedrag vir my seun se ambag kursus.)Uit my ondervinding die vorige kere met Deon het hy nie geluister want hy stel nie belang in sy klient namens ABSA of die toekoms van die klient wat alleen moet boer en afhanlik is van die boerdery want hy kry mos die einde van die maand sy salaris en bekommerd hom meer oor waar hy "specials" kan kry. Toe ek 8 Maart uit ABSA stap het ek al geweet ek gaan die klagte in stuur omdat ek daar in die bank al besef het daar word nie in jou as klient belang gestel want ek vra raad maar Deon gaan voort met maandelikse bedrae waarvoor ek nie gevra het nie. Hy het beslis ook geen belang gehad want hy het nie geluister wat ek vir hom sê oor die grond nie. Maar hy hamer op ñ inkomste!!! Terwyl ek bates het en langer op die plaas bly as wat hy in Odendaalsrus is en nie oornag sal kan weg raak. Op 16 Maart moet ek Deon s***el om te hoor wat gaan aan. Hy sal my terug s***el maar doen dit nie. Later die dag s***el ek weer maar Deon praat nie met my. Hoekom??? My goed is nie gedoen net soos wat die atm kaarte jare terug nie reg gedoen is deur hom. Op 17 Mrt s***el hy my en sê my goed is nie goed gekeur en het ek en hy woorde want ek voel ek is onregverdig behandel deur hom nadat ek vir hom spesifiek gevra het Deon gee vir my raad. Ek voel hy ken my omstandighede en sou my tegemoed kom as hy in my as klient belanggestel het. Ek het nie persoonlike geld gevra maar absoluut vir my boerdery om net aan te gaan. Die rede hoekom ek Deon persoonlk aanval?? Hy het Vrydag, 17 Maart, my aangeval deur te sê ek het die geld gesoek vir my seun terwyl dit n kwart van die bedrag uit maak wat ek wou leen. Daarom noem ek weereens hy het nie ñ woord geluister van my pleidooie vir my boerdery. My werker wat ek nou nie kon betaal het ek dood eenvoudig genoem ABSA help boere nie en ek hoef nie te noem hoe word die woord in die politiek versprei nie. En daarom sal ek sover as wat ek kan mense afraai om enigsins van Deon de Villiers gebruik te maak want hy voel vir sukkelende boere na ñ droogte niks. Soos daar op 17 Maart deur ABSA ñ ondergang oor my lewe uit gespreek is spreek ek vandag ondergang oor ABSA uit.</p>
Dear Customer
Thank you for bringing this matter to our attention. We will investigate the matter and furnish feedback shortly.
Kind regards
Nthabiseng Sibande
Group Customer Care
Absa Bank Ltd
Dear Customer
Thank you for bringing this matter to our attention. We will investigate the matter and furnish feedback shortly.
Kind regards
Nthabiseng Sibande
Group Customer Care
Absa Bank Ltd
Nog geen terug voering gekry oor hoekom 1 kliënt ñ afspraak MOET maak en die ander 1 nie. Dis 2 maande later. 1 Boer kry ñ lening ñ ander nie???
Nog geen terug voering gekry oor hoekom 1 kliënt ñ afspraak MOET maak en die ander 1 nie. Dis 2 maande later. 1 Boer kry ñ lening ñ ander nie???
I have noticed that a formal letter was send to you on the 3rd April by Yolande
I have noticed that a formal letter was send to you on the 3rd April by Yolande
