AJ
Anneline J

1 reviews | Active since Jun 2015

20 Apr 2023, 15:37

Bedrog by banke

Nadat daar op 27 September 2022 bedrog van +- R 86,000.00 uit ons ABSA rekening gepleeg is, oorgeplaas na Capitec Bank, is die saak net gesluit en niemand neem verantwoordelikheid van die misdaad nie. Ons het al die bewyse na die polisie geneem sowel as Ombudsman sonder sukses. Ons moes by vriende en familie leen om al ons rekeninge te betaal en D/O's wat deur die bank moes gaan. Maar elke keer kry ons net 'n epos wat aan ons verduidelik dat ons nie ons pin nommers of enige persoonlike inligting aan enige persoon moet gee nie. Die punt is dat ons dit gladnie gedoen het nie en dat die persoon wat ons ges***el het al ons persoonlike inligting aan ons voorgelees het. Wat sê dit dan van die saak? Dat daardie persoon 'n werknemer in die bank moet wees. Ons het agterna hoeveel oproepe van soortgelyke gevalle ontvang. Die punt wat ek wil maak is dat mense moet baie versigtig wees om nie met enige persoon eers te praat indien hul oor banksake begin praat nie. Ek wil ook asb almal waarsku, PASOP vir die werknemers in die bank wat toegang tot jou persoonlike inligting het. Wat van ons land en sy mense gaan word is skokkend. Niemand gee om as jy jou hardverdiende geld waarvoor jy so lank al voor gewerk het in 'n kwessie van +- 'n uur van jou "gesteel" kan word. SKOKKEND!!!! Ek is diep teleurgesteld in ABSA Bank na jare as klient by hulle. Almal trek net skouers op en niemand kan enigiets vir jou doen of help om jou geld terug te kry nie. Wanneer ek uitsluitsel ontvang het van my prokureur gaan ek my rekeninge by die betrokke banke sluit en by 'n ander bank open waar daar werknemers is wat jou dadelik s***el indien iemand bedrog op jou rekening wil pleeg!!

0
Replies (1)
Absa
Absa's reply21 Apr 2023, 08:11
Official
Dear Anneline Jordaan

Thank you for bringing this unfortunate matter/incident to my attention and please accept my sincere apology. I will review and provide you with my specific contact details as well as the expected timeframe for further feedback/resolution via email or by making contact with you telephonically.   The reference number for  your complaint is C-***9 Kind regards,Group Customer CareRezona Louw


Best regards,