1 reviews | Active since May 2011
Baie ongelukkig

Ek het in Maart aansoek gedoen vir ‘n persoonlike lening, met die bedoeling dat hulle die huidige lening wat ek op daai stadium gehad het moet opbetaalbaar maak en dan aan my die uistaande bedrag oorbetaal. Die bedrag waarvoor ek aansoek gedoen het was R127,000.00. Die konsultant wat my gehelp het, het die huidige lening op betallbaar gemaak maar toe gesê hy het ‘n “top up” gedoen, waar ek van die begin af vir hom gesê het, dit is nie wat ek wil doen nie. Nadat die lening goed gekeur was en die geld oorgeplaas was na my rekening toe, het hy vir my gesê ek moet na die tellers toe gaan en die huidige lening gaan opbetaal deur geld van my tjek rekening af oorbetaal te betaal na die huidige lening toe, wat ek gedoen het.

Nadat ek by die huis gekom en deur die dokumentasie gelees het (wat ek klaar by die bank geteken het) het ek gesien dat die huidige lening bedrag ingewerk was by die nuwe lening bedrag. Ek het die volgende dag terug gegaan na die bank toe en die huidige lening bedrag laat terug betaal want die lening was opbetaal voor die gelde aan my uitbetaal was en as die lening die vorige dag opbetaal was, hoekom moet ek dan nog steeds betaal vir n lening wat deur die konsultant klaar opbetaal was elektronies. Dit beteken ek het die selfde lening twee keer opbetaal. Op die ou end was die nuwe lenings bedrag R196 000.00.

Ek het geteken vir ‘n terug betalings bedrag van R4592.11 (maandeliks) maar vir die laaste twee maande (April en Mei) word daar ‘n bedrag van R5308.76 afgetrek. Einde Maart se bedrag was R4619.26. Ek het verskeie 'n emails (eerste email was op 24/05/2016) na actionline@absa gestuur en op die 2 Junie 'n oproep gekry dat hulle my query na die tak toe gaan verwys en ek moet asb met die tak opvolg, I don't think so, ek dink dit is baie onprofesioneel dat ek met die tak moet opvolg, bygese, ek het nog niks van die tak gehoor nie.

Kan julle asb vir my kyk en verduidelik hoekom die terug betaalings bedrag nou ewe skielik so hoog is.

U vinnige terugvoer sal hoog op die prys gestel word.

Dear Customer
Thank you for bringing this matter to our attention. We will investigate the matter and furnish feedback shortly.
Kind regards
Daphne Le Grange
Group Customer Care
Absa Bank Ltd
Dear Customer
Thank you for bringing this matter to our attention. We will investigate the matter and furnish feedback shortly.
Kind regards
Daphne Le Grange
Group Customer Care
Absa Bank Ltd