1 reviews | Active since Nov 2014
in April 2021 het ek waterskade by my huis gehad: Die assessor het uitgekom om die skade te bepaal - ek het n kwotasie gekry en ek het dit deurgestuur na Absa waarvan Absa die helfte van die kwotasie goedgekeur het - ek het gevra dat Absa die eis moet hersien - ek het intussen vele navrae gehad oor die eis - want niemand kom terug na my toe oor die eis nie. Let wel dit was in April en vandag 3 November 2021 kry ek n oproep dat die eis afgekeur is deur in interne assessor aangesien die dak nie onderhou is nie. Die assessor wat uitgekom was bewus van die dak en hy kon sien dat al die dakskroewe vervang is. Volgens my is dit swak diens : eers word n bedrag goedgekeur daarna word dit afgekeur - in die eerste plek moes n ordentlike deegliks inspeksie gedoen geword het. Dit is vir my absoluut swak diens en dubbelstandaarde. Eers word net die helfte van die kwotasie goedgekeur en daarna word dit afgekeur. Absa versoek nou die werksver**** dat die dakskroewe wel vervang is nadat die assessor wel foto's geneem en duidelik kon hy sien die skroewe is vervang. Volgens die foto's kon hulle bepaal en sien die dak is nie onderhou nie - ek self het voordat die dakskroewe vervang is self op die dak gewerk en daarvan kan my bure getuig. Dit is nie n nuwe huis nie - na hoeveel jaar moet jy jou huis se dak vervang en dit is n plat dak huis. Ek se weer swak diens en dubbelstandaarde.
Best regards,
Best regards,
Best regards,
Best regards,
© Copyright 2026 hellopeter.com and its affiliates. All rights reserved.