TM
Trui M

1 reviews | Active since Apr 2020

17 Apr 2020, 10:42

ABSA skitter in hulle AFGEWIGHEID!!

Absa julle skitter in jul afwesigheid tydens die lockdown!! Ons het 'n Privaat Bankier en sogenaamde BusinessBanker! Maar die businessbanker is maar net agente by 'n call center. Ons probeer by die Covid19-UIF aansoek doen vir hulp en hulle benodig nou (2de keer se aansoek bu UIF) 'n confirmation letter van ABSA vir ons besigheidsrekening. Ek probeer al van Dinsdag dit kry maar ek kom net NERENS!!!! My man het deurgery CapeGate se Absa omdat Tygervallei en Santyger se Absa gesluit is. Daar het 'n ry mense gestaan so lank as die rye by SARS se kantore en wag vir Absa. So, my man het net so omgedraai en terug gekom. Dan wil ek nie eens praat oor die SAFT aansoek en hoe ek gesukkel het om net die regte epos adres by Absa te kry nie. As ek sien watse diens my suster-hulle by hulle bank (ander bank) gekry het, dink ek Absa stel hoegenaamd nie belang in hulle Besigheids kliente nie. Jy kry net geen antwoord as jy hulle tolvrye nr bel nie. Hierdie is 'n stresvolle tyd vir ons klein besighede en banke is veronderstel om ons te help.

0
Replies (1)
Absa
Absa's reply17 Apr 2020, 14:24
Official
Dear Trui Mitchell Thank you for bringing this unfortunate matter to my attention and please accept my sincere apology . I will review and provide you with my specific contact details as well as your unique complaint reference number, and an expected timeframe for further feedback within the next four hours .   Kind regards,Daphne Le GrangeGroup Customer Care