1 reviews | Active since Apr 2019
Absa service skitterend pateties, pathetic
Absa se app helplyn met sy app het nou weer geskitter in hoe pateties diens kan wees. (Vrydag 5 Mrt 10:45) Ek wil ’n wysiging op my bankbesonderhede aanbring. Ek werk op my rekenaar. Die app moet vir my vra om transaksie te OK. App respond glad nie. Dis gedurig ’n probleem. Al twee maal ge-uninstall en weer ge-install toe ek dieselfde probleem gehad het. Op wifi geprobeer en ook wifi afges***el. Geen verskil nie. Bel *** vir hulp. Hulp sê ek moet aanhou. 18 minute later, JA 18 MINUTE LATER is sy nog nie terug nie.Geen hulp nie Ek sit foon neer, want my selfoontyd loop uit. Oorweeg tans ’n ander bank waarvan die app en hulpdiens beter sal wees. Swakste diens van ’n maatskappy wat ek in ’n lang tyd ontvang het.Meer mense wat ek ken het hierdie probleem, maar Absa vee hom af aan sy kliënte. Sy app is ’n disaster. En moenie vir my sê doen al jou transaksies op jou foon nie. My oë laat my nie toe om die klein skrif op ’n foon maklik te lees nie, daarom moet ek op my rekenaar werk. Is Absahoegenaamd in staat om die diens te lewer wat hy belowe?
