1 reviews | Active since Jul 2023
Absa Private Insurance
VERSEKERING KLAGTE Klagte oor die uiters swak diens en onvermoë van ABSA Privaat versekering. Dit is nou meer as agt weke wat geen antwoorde van ABSA Privaat versekering ontvang is oor die eis vir die vervanging van ‘n 150lt lae druk solar geyser wat gebars het met ‘n nuwe 150lt lae of hoë druk geyser te vervang nie nadt die ****rakteur dit met ‘n 110lt lae druk geyser wou vervang. Vir meer as agt weke sit ons sonder ‘n geyser en warmwater in die badkamers en kombuis. 11 Mei 2023 – Rapporteer ‘n 150lt lae druk Solar geyser wat gebars het by ABSA privaat Versekering en sit ‘n eis in. Ontvang sms van versekering waar Kimberley Handyman aangestel is en my sal ****ak 12 Mei 10:00 12 Mei – Kimberley Handyman doen ondersoek en evaluering van die geyser. 13 Mei – Sms van ABSA privaat Versekering wat rapporteer dat Kimberly Handyman die eiendom verlaat het. 18 Mei - Sms van ABSA privaat Versekering om te se hulle het die ver**** gekry en besig is om dit te evalueer 26 Mei - ABSA privaat Versekering laat weet dat daar ‘n afspraak gereël is met Kimberley Handyman vir 27 Mei 09h00. 27 Mei - Kimberley Handyman daag nie op vir die afspraak na nie. 29 Mei – Kimberley Handyman arriveer met ‘n 110lt lae druk Solar geyser. Ek verduidelik aan die eienaar van Kimberley Handyman dat hulle veronderstel is om ‘n 150lt lae druk geyser met ‘n nuwe 150lt lae druk solar geyser moet vervang of nie beskikbaar dit moet opgradeer. Verduidelik ook vir hom dat ‘n 110lt lae druk solar geyser te klein is om die badkamers en kombuis te diens. Hy noem dat hulle nie ‘n 150lt lae druk geyser kan kry nie. Ek verwys hom na google waar daar wel 150lt laedruk Geyser geadverteer word. Hy onderneem om dit met ABSA privaat Versekering op te neem - Ek s***el die versekering en verwittig hulle dat ek nie tevrede is met die 110lt geyser nie. Hulle onderneem om dit met die ****rakteur op te neem. Ek stuur ook ‘n sms aan ABSA privaat Versekering waarin ek versoek dat dit reggestel word. 5 Jun – Teen 5 Junie het ek nog geen terugvoer van ABSA privaat Versekering of Kimberley Handyman gekry nie. Ek ****ak die bestuurder van Kimberley Handyman vir ‘n vordering ver**** en hy verwittig my dat hulle nie ‘n 150lt lae druk solar Geyser kan kry nie en dat die enigste opsies is om ‘n 150lt hoëdruk solar geyser in te sit. Die kwotasie van Kimberley Handyman vir ‘n 150lt hoëdruk Solar Geyser is R25 143.00 . Ek vra ook ‘n t****e kwotasie by PC ****rakteurs. 8 Jun - Ontvang kwotasie van PC ****rakteurs vir ‘n 150lt hoë druk solar geyser 10 Jun -Ontvang epos van ABSA privaat Versekering waar in ek moet bevestig of die ****rakteur aandag gegee het aan die pype of geyser en ver**** lewer oor verskeie vereistes en ook ‘n faktuur, met ‘n klomp vereistes, moet indien voor die eis afgehandel kan word. Dit wast deur die ****rakteur veronderstel is om gedoen te word. Geen eisnommer of naam van die persoon wat dit gestuur het is genoem nie. 12 Jun – Ek antwoord bogenoemde epos met ‘n epos en verwittig dat daar nog niks gebeur het nie en gee ‘n uiteensetting van die huidige situasie. Ek noem ook wat die bestuurder van Kimberley Handyman gesê het naamlik dat hulle nie ‘n 150lt lae druk solar Geyser kan kry nie en dat die enigste opsies is om ‘n 150lt hoëdruk solar geyser in te sit en dat hy dit weer met ABSA privaat Versekering sal opneem. Tot nou toe het ek geen verdere terugvoer van Kimberley Handyman gekry nie. - Ek bel ook vir ABSA Privaat versekering en doen navraag oor wat die situasie met die eis is. Antwoord is dat daar aandag aan die saak gee sal word en dat hulle by Kimberley Handyman sal uitvind. Maandag 19 Junie – Ek stuur weer ‘n epos en versoek ‘n spoedige antwoord. Ek verwys na wat handyman gese het en versoek dat daar ‘n 150lt hoë druk Solar geyser geïnstalleer word. Ek dui ook aan dat ek bereid is om die verskil van die koste van die 150lt lae druk geyser en die 150lt hoë druk geyser sal betaal. 21 Junie - Ek volg my epos op met ‘n telefoon oproep na ABSA privaat Versekering. Die persoon het my ingelig dat, omrede Kimberley Handyman ****rakteur nie dieselfde grote en tipe geyser kan kry nie, hulle die eis aan my gaan uitbetaal sodat ek ‘n 150lt hoë druk solar geyser kan opsit in die plek van die 150lt laedruk solar geyser. Ek is verwittig dat hulle vir my dokumente gaan stuur wat ek moet invul en teken en terugstuur Maandag 3 Julie – Ek s***el weer ABSA privaat Versekering om op te volg hoekom ek steeds niks ontvang het nie. Die dame met wie ek gepraat het, se ek moet met ‘n Kevin Zondo praat. Ek s***el weer en praat met Richard wat my in kennis stel dat hulle wag vir my antwoord op hulle epos van 10 Junie voor hulle verder kan gaan met die eis. Dit beteken daar is niks met my telefoon oproepe en eposse gebeur nie. - Ek volg my telefoon gesprek op met ‘n epos aan Kevin Zonda waarin ek die situasie weer uitspel en versoek dat ek nou ‘n finale antwoord kry. Dinsdag 4 Julie – Ek s***el weer ABSA PRIVAAT VERSEKERING en praat met ‘n dame wat ‘n **** luister en vriendelik is. Kevin was nie beskikbaar nie en sy versoek dat ek die kwotasies vir die hoe druk solar geysers moet aan stuur waarna hulle vir my in kennis stel wat besluit word. Woensdag 5 Julie- Ek stuur ‘n epos met die kwotasies aan ABSA PRIVAAT VERSEKERING Sondag 9 Julie – Ek stuur weer ‘n epos en versoek ‘n bevredigende antwoord teen Dinsdag 11 Julie 2023 11 Julie - Nog geen antwoord ontvang nie. In die hele 8 weke het ek net een epos op 10 Junie 2023 ontvang en vanaf 18 Mei geen sms’e of telefoon oproep om my in te lig oor die vordering met die eis nie.
Nota. Ek is die fasiliteite bestuurder, met meer as 150 eenhede, en as ek ‘n gebarste geyser vanoggend aan Libra makelaars rapporteer is daardie geyser nog dieselfde dag vervang.
Kindly provide us with your policy number.
Looking forward to being of service to you. Kind regards Nthabiseng Sibande Customer Value Management Absa Bank Ltd
Best regards,
Kindly provide us with your policy number.
Looking forward to being of service to you. Kind regards Nthabiseng Sibande Customer Value Management Absa Bank Ltd
Best regards,
