1 reviews | Active since Jul 2013
ABSA = PATETIES!
Ek bank reeds 52 jaar by Absa en hul het derduisende Rande uit my gemaak agv oortrokke rekeninge. Toe ek gewerk het was ek soms vrygestel van sekere bankkostes, maar nou dat ek met pensioen is, 70 jaar oud, nou verarm en verhonger Absa my agv van pateties hoë bankkostes en rente terwyl ek 4% rente ontvang op my spaar rekening!! My Kt kaart kos R53.00 per maand en indien ek my kaart gebruik beloop die Rente 22%!!! Die bank leen dus geld by my (Belegging) @ 4%, maar leen my geld uit teen 22%!! Genoemde absurditeit het tot gevolg dat ek my belegging onttrek het en op my oortrokke fasiliteit inbetaal het. Laasgenoemde skuif van my eie geld na my tjek rekening kos my R75.00!!, boonop, toe ek wou geld trek by die toonbank uit my eie rekening waar genoemde transaksie plaasgevind het, was ek verwittig dat dit my nog weer R75.00 gaan kos!! Net om my spaar rekening te sluit en die transaksie wat maksimum 30 sekondes geneem het om die geld oor te plaas na my tjek rekening het dus R75.00 gekos! Veronderstel dit is die salaris wat die persoon wat die transaksie gedoen het verdien, dan is haar salaris 30 sekondes x 2 = 1 minuut x 60 sekondes = 1 uur x 8 uur (gewone werksdag ure) x R75.00 per transaksie = R75 x 2 (30 x 2 sekondes) x 60 x 8 = R72,000.00 per dag!!!!
Die ander probleem wat ek het ( miskien nie net eie aan ABSA nie, maar Absa kan my nie help nie) is dat niemand oor ouderdom 65 nie 'n huisverband of lening mag aangaan nie! Ek sou graag 'n lening soos 'n huisverband wou uitneem en afbetaal ten einde 'n sonkragstelsel te installeer ipv om R3,000.00 per maand aan Eskom te betaal vir beurtkrag en skade aan ys- en vrieskaste en elektriese skades!! Genoemde lening hou geen risiko in nie indien ek nie die, bv 20 jaar, "verband", agv ouderdom oorleef nie, want ek het lewens Polisse ter waarde van miljoene Rand wat die sg "verband" sal dek! Maar nee! ek moet/kan by ander instansies geld leen @ 25-30% terugbetaling!
My vraag: Wat is ABSA vir my werd na 52 jaar? Antwoord: 'n Ronde nul, behalwe verarming!!
