AP
Anneska P

1 reviews | Active since Feb 2018

02 Feb 2018, 09:39

ABSA Life het die slegste diens

Ek het in November 2017 'n huis gekoop. Obviously moes ek mediese ondersoeke ondergaan om lewensversekering deur ABSA Life te verky. Ek het op 19 Oktober 2017 gegaan vir 'n volle mediese ondersoek by my huis dokter, sowel as 'n urientoets en bloedtoetse. Ek het nie weer van ABSA Life gehoor nie. Op 11 Januarie 2018 het ek ABSA persoonlik gebel en gevra hoekom hulle so lank vat om my polis te aanvaar. Die antwoord wat vir my gegee is, is dat die faktuur wat die huis dokter deur gestuur het vir betaling nie reg was nie. Het dit toe uitgesorteer. Fast forward 'n week later, op 16 Januarie 2018 bel ek weer, toe is daar vir my gese die polis is uitegesorteer, ek sal die relevante dokumente van ABSA Life verkry. Fast forward weereens 'n week later, op 23 Januarie 2018 bel ek weer, toe word daar vir my gese daar kort weer een of ander dokument van die dokter, maar Louis sal dit persoonlik gaan haal. Ek sal later van hom hoor. Op 29 Januarie 2018 bel ek weer, toe is daar vir my gese Louis sal terug kom na my toe- ek het nie weer van hom gehoor nie. Op 30 Januarie 2018 bel ek weer, Louis sal weereens terug kom na my toe- het weereens niks van hom gehoor nie. Bel vanoggend (2 Februarie 2018) weer om te hoor wat aangaan, nadat my eerste betaling vir die polis nie afgegaan het nie. Nou word daar vir my gese my urientoets uitslae is te oud. EN DIT NADAT EK AL AMPER 4 MAANDE WAG VIR TETUGVOER VAN ABSA LIFE AF!!!!! Ek wil net se julle diens is UITERS swak. En dit nadat ek al jare 'n klient van julle bank is. EK GAAN NIE WEER DOKTER TOE OM JULLE FOUT REG TE MAAK NIE!!! Dit is nou 09:34 AM. Ek wag vir terugvoering

0
Replies (1)
Absa
Absa's reply02 Feb 2018, 12:42
Official

Dear Customer


Thank you for bringing this matter to our attention. We will investigate the matter and furnish feedback shortly.

Kind regards

Daphne Le Grange

Group Customer Care

Absa Bank Ltd