1 reviews | Active since Sept 2021
Absa se invorderaar dreig my ouers, wat amper 70 jaar oud is. Ek is besig om hul sake oorteneem, en het agter gekom dat hul Absa voertuigfinansiering agterstallig is. Ek dink nie die induplum reel is gevolg nie en wil volledige state hê, maar dit word net nie na my gestuur nie. Toe daag die invorderaar op en wil die bakkie vat. My ouers deel hom mee dat ons eers die saak wil ondersoek en dan reelings tref vir die res vd gelde. Die invorderdaar bel 'n paar dae later en dreig met geweld. Ek het hom ges***el om te vra of hy onafhanklik is en of werknemer van Absa, hy was dadelik ongeskik en het gesê ek kan hom niks maak, hy werk vir Absa. Ek het gesê dat as hy weer by huis opdaag dan sal ek die storie opneem en versprei op sosiale media, hy het gesê ek kan hom niks maak nie. Ek is doodseker Absa se manier van invorder sluit nie geweld teen bejaardes in nie, veral as hulle bang is en in finansiele verknorsing. Ek het reeds hul Absa huislening oorgeneem en betaal dit. En as ek geweet het van die voertuig dan kon ek ook al plan gemaak het, maar as daar dreigemente gegooi word dan kan ek dit nie aanvaar nie.
Best regards,
Best regards,
© Copyright 2026 hellopeter.com and its affiliates. All rights reserved.