TF
Thelma F

1 reviews | Active since Nov 2017

17 Jan 2018, 12:29

Absa Internet Banking Mess

Persone verantwoordelik vir Absa Internet probleme is totaal en al nie opgewasse vir hul werk nie. Sedert 9 Januarie probeer ek alles om net weer toegang te verkry tot my bankrekening via Internet Banking, nadat dit geblok is weens beweerde bedrog. Ek het al twee takke besoek, sonder sukses. Met my eerste besoek aan Clearwater tak het hul 'n sekuriteitskode aangevra wat my foon eers 2 ure later bereik het en natuurlik verval het toe ek na 2 uur en 5 minute die tak bereik het. Hul het toe weer 'n sekuriteitskode aangevra, wat weer eens nie my foon bereik het binne selfs 20 minute nie. Die konsultant het gebel vir ondersteuning, maar kon geen antwoord kry nie. Saterdag 13 Januarie was ek by Cradlestone tak, waar hulle 'n e-pos gestuur het en my verseker het dat ek teen 15 Januarie op my rekening sou kon aanteken en net my password kon verander. Vanoggend (17 Januarie) het ek weer sonder sukses probeer aanteken - foutboodskap sê nog steeds "security code has expired". Ek het ***(soos op die bank se webtuiste aangegee) ges***el, by Buhle uitgekom wat my na Thembinkosi deurges***el het, wat my weer eens na 'n tak verwys het. Sy bestuurders (Lucky/Franklin) was nie beskikbaar om mee te gesels nie. Ek is uiters teleurgesteld in Absa se kliëntediens.

0
Replies (2)
Absa
Absa's reply17 Jan 2018, 15:20
Official

Dear Ms Fourie

Thank you for bringing this matter to our attention.

We sincerely apologise on any inconvenience caused.

Kindly provide our office with a id number or account number to ensure effective investigation and feedback

Regards

Daphne le Grange

Best regards,

TF
Thelma F's update17 Jan 2018, 15:38
Reviewer Update
Nadat ek aan Absa Hoofkantoor 'n e-pos gestuur en 'n baie vriendelike dame my terugges***el het, is my probleem binne minute opgelos toe sy internetdienste ook op die lyn gekry het. Waarom kon dit nie tydens my eerste oproep gedoen word nie en is ek na 'n tak verwys wat net my tyd gemors het?