gR
george R

1 reviews | Active since Dec 2015

08 Apr 2025, 12:29

ABSA froze my accounts

Hoop jul verstaan Afrikaans. Ek is Private Banking suite aangebied as deel van my huislening aansoek in 2024. Ek het al my rekeninge goedgunstig vanaf n ander bank oorgeplaas na Absa. Verlede week het ek die besluit geneem om te "downgrade" na gewone goue tjek rekening omdat private banking se maandelikse fooie te duur is vir dit wat j kry in my opinie. Nie kort daarna nie is my rekeninge gevries sonder waarskuwing en kommunikasie vanaf Absa. Ek moes dit self uitvind toe ek nie tussen my eie rekeninge op my selfoon toep kon geld oorplaas nie, met genoegsame balans in al my rekeninge. Eweskielik 7 maande later moet ek blykbaar weer Fica, dis die rede vir my rekeninge wat gevries is. Regtig mense? In vandag se tyd met al die tegnologie wil jul he ek moet fisies na my tak toe gaan om my eie rekeninge te her aktiveer? Is dit n manier om my terug te kry omdat ek jul Private Banking verlaat het? Kom ek se julle wat. Jul kan al jul rekeninge vat saam met jul huislening en dit druk waar die son nie skyn nie. Ek sal al my besigheid insluitend my huislening oorplaas na n bank wat ten minste kommunikeer met sy kliente en waar jy nie hoef rond te bel en gat te lek om net uit te vind wat aangaan nie. Swak en pateties.

0
Replies (0)