1 reviews | Active since Feb 2013
Absa card that I am unaware off
Ek het vanoggend uit die bloute uit n sms van n MBD Prokureurs Firma ontvang waarop ek versoek word om hulle te s***el aangaande n Absa Kredietkaart. Ek dra geensins kennis van enige rekening wat ek by Absa het nie. Volgens MBD het Absa die saak vandag aan hulle oorhandig. Nadat ek Absa ges***el het, het een van die konsultante my meegedeel dat ek geen rekening by hulle het nie.<br> <br> Ek het toe met n dame by die Regsafdeling gepraat. Sy het my meegedeel dat daar in 1999 n rekening in my naam by Absa was en dat MBD die skuld in Feb 2014 by hulle oorgekoop het. Vandag is die eerste korrespondensie wat ek na elf jaar van die uitstaande skuld ontvang. Volgens my is die Prescribed Debt indien daar wel enige gelde verskuldig is. Hoe kan hulle na soveel jaar uit die bloute uit iemand ****ak en inlig dat jy vir hulle geld skuld. Ek het geensins enige korrespondensie van enige van die twee instansies ontvang nie. Nou ewe skielik net na jare n sms van MBD.<br> <br> Ek het die saak met die Consumer Watch opgeneem wat my meegedeel het dat hulle ook die saak sal ondersoek. Ek erken geensins enige skuld aan Absa nie en het ook nie in die laaste drie jaar enige gelde aan hulle betaal nie.
