1 reviews | Active since Jun 2015
Kliënte van ABSA dink mooi voor jul 'n rekening by hul oopmaak of 'n jarelange kliënt is. Hierdie saak sloer nou baie baie lank. Ek het op die 16de Januarie 2023 weer 'n epos van die "Specialist Case Manager" van ABSA ontvang waarin hy gesê het dat hy die saak oor ons bedrog wat op ons rekening 27 September 2022 plaasgevind het, aan die regte persoon sal oorhandig om te ondersoek en die saak te heropen . Hierdie is vir my 'n baie teleurstellende probleem omdat ABSA sê hul is nie verantwoordelik oor die geld wat gesteel is nie want wat die kriminele daarmee gedoen het, is nie hul probleem nie. Dit is uit ons 3X ABSA rekeninge getrek binne 'n uur en hul beleid is dat wanneer die kriminele dit na 'n ander bank oorplaas in ons eie name en weer al die geld uittrek dan is dit ons eie probleem. Wat het geword van die versekering wat al die banke op hul gelde het? So eintlik sê hul nou vir die kriminele om geld te steel van kliente en dit na 'n ander bank oor te betaal dan vou ABSA net handjies en sluit die saak. Ons gaan definitief ons geld onttrek uit ABSA en na 'n ander bank skuif. Die diens word by die dag al hoe meer swakker. Dis 'n skande.
Best regards,
Best regards,
Best regards,
Best regards,
Best regards,
Best regards,
Best regards,
Best regards,
Best regards,
Best regards,
Best regards,
Best regards,
© Copyright 2026 hellopeter.com and its affiliates. All rights reserved.