1 reviews | Active since Jun 2015
ABSA BEDROG
26 Januarie 2023 BAIE ERNSTIG!!! WEES ASB VERSIGTIG VIR HIERDIE VROU!!!! My man ontvang 'n oproep van "Wendy Makhulu" Nr: ***. Sy vra om met hom te praat (vra sy regte naam en van) en sê sy is van ABSA ***** afd en daar is 'n D/O wat van ons tjekrekening af wil gaan vandag maar is teruggehou deur die ***** dept. Die D/O is van SA Getaway China en ons het 'n vakansie pakket by hulle aangesluit. Die eenmalige bedrag van R 3000.00 moet ek vandag betaal met 'n "cashsend" na ons eie nommer en maandeliks R 1999.00. Maar as ek die "cashsend" doen mag ek slegs haar OTM toegangs Pin gebruik. (Wat sy vir my lees). Wat vir my toe gladnie sin maak nie. Dadelik agtergekom hierdie is weer 'n bedrog wat iemand wil pleeg. Haar nommer "geblock" en nie weer geantwoord toe sy bel nie. Wees asb baie baie versigtig mense. Hul doen dit gewoonlik op die einde van die maand of het insig in jou banksake. Hierdie is weereen 'n bewys dat dit iemand in ABSA is wat al die insig het op kliente se rkeninge
