1 reviews | Active since Jun 2015
ABSA BEDROG
Hierdie is nou nie meer snaaks nie Dis alweer ek wat n klag oor ABSA wil lê. Ons het weer bedrog op 01 November 2023 op ons kaart by ABSA gehad nadat daar al hoeveel kere bedrog op ons kaart gepleeg is. Ons is na ABSA toe nadat hul die bedrag terug betaal het en n nuwe kaart ontvang het. (Iemand wat online transaksies gedoen het). Ons het toe agtergekom dat daar weer 'n transaksie met dieselfde bedrag op die nuwe kaart sou deurgaan maar hul het dit betyds gestop. Op die 6 November 2023 het O****leng ge***el en gesê die nuwe kaart is reg hy is nie gestop nie. Op 07 November 2023 s***el Sysannie van die ***** afd ons en sê alles is nou terugbetaal en die nuwe kaart is reg. My man het toe nog nie die kaart gebruik om iets te betaal nie. Op 15 November 2023 s***el Dino ons en sê die kaart kan maar gebruik word die oue is gekanselleer en daar is geen bedrog of dat die kaart gestop is nie. Ons probleem: Op 28 November 2023 wil my man met die nuwe kaart diesel gaan koop en die nuwe kaart heeltyd decline. Toe ek ABSA vanoggend bel (30 Nov 2023) toe sê die persoon die nuwe kaart is gekanselleer en ons nou na ABSA bank toe moet gaan om die nuwe kaart weer te laat aktiveer. Ons is nou al so "gatvol" vir ABSA bank dat ons nie meer weet wat ons moet doen nie aangesien ons al jare by hulle bank en daar 'n klomp D?O elke maand uit ons rekening gaan indien ons na 'n ander bank wil skuif. Wat 'n gemors
