CP
Casper P

1 reviews | Active since Oct 2017

11 Oct 2017, 14:36

ABSA BANK - WOLF IN SKAAPSKLERE

ABSA Bank is so eties hulle sluit die Gupta bankrekeninge omdat hulle nie met staatskapers, geldwassers en *****s geassosieer wil word nie. Hoe edel en opreg klink dit nie vir ons nie.

As ons egter 'n bietjie ondersoek instel sal ons merk dat ABSA Bank self met vuilhande gevang is. Hulle het nog geen poging aangewend om die lewensboei wat destyds aan Trust Bank gegee is te verduidelik nie. ABSA Bank verkies ook om hulle kliente te bedrieg en te besteel. In hierdie geval het ABSA Bank op ons toerusting en goedere be**** gele met 'n BEVEL NISI. Nadat ABSA Bank se advokaat sy saak in die hof teen ons verloor het (hier wil ek graag noem ons het sommer self verskyn) was hulle veronderstel om die goedere waarop hulle be**** gele het terug te lewer. Daar was nooit Appel aangeteken teen hierdie hofbevel nie.

Ons het later tog 'n prokureur aangestel om ons te help om die toerusting en goedere van ABSA Bank terug te kry. Na 'n baie lang gesukkel is ons""toevallig" meegedeel dat die toerusting en goedere nie terug gelewer kan word nie aangeien dit per ongeluk verkoop is sonder 'n hofbevel. Baie tragies en ongelooflik maar tog die waarheid.

In plaas daarvan om verskoning aan te teken vir hulle fout en om ons posisie te probeer regstel dagvaar ABSA Bank ons vir die verskil uitstaande nadat hulle die goedere verkoop het. Ek weet dit is vir almal moeilik om te glo maar dit is werklik die arrogante houding van ABSA Bank. Nadat ons die saak opponeer het, het ABSA Bank begin met hulle vertragingstaktiek om die saak nie hof toe te neem nie. Vier stelle prokureurs en advokate wat ABSA Bank gebruik het en sewe jaar wat verstryk het sukkel ons steeds met ABSA Bank om hulle verpligtinge na te kom. Sekere beamptes van ABSA Bank kritiseer Jacob Zuma vir sy pogings om homself en die Guptas uit die hof te hou. ABSA Bank het egter self geen morele optrede wanneer dit by hulle self kom nie.

Gedurende Januarie 2016 het ons regsspan en ABSA Bank se regsspan ooreengekom om die saak binne ses maande op arbitrasie te neem. Weer het ABSA Bank sy regsspan verander in 'n poging om van sy verantwoordelikhede weg te kom. Ons het verskeie briewe aan Maria Ramos die Hoof Uitvoerende Beampte gerig om die aangeleentheid onder haar aandag te bring. Aanvanklik het sy onderneem om toe te sien dat hierdie saak spoedig afgehandel sal word. Op hierdie stadium weier sy egter om enige verantwoordelikheid te neem vir hierdie vertragings.

Hierdie saak gaan eenvoudig oor ABSA Bank wat onwettig opgetree het en nou op 'n eerbare wyse sy probleme kan oplos. Hulle verkies egter om op 'n ***** wyse te probeer om die saak te laat draai en hoop dat ons sal tou opgooi. ABSA BAnk kan more enige klient se bates sonder 'n hofbevel verkoop en dan net weier om die eerbare paadjie te loop. Ek kan nie sien op watter gronde ABSA Bank homself beter ag as die Guptas nie. Hulle hou daarvan om ons na ons avokate te verwys terwyl hulle alles moontlik doen om die saak nie op arbitrasie of na die hof te neem nie. Wees gewaarsku!

0
Replies (1)
Absa
Absa's reply12 Oct 2017, 07:01
Official

Dear Customer.Thank you for bringing this matter to our attention.

Please will you provide me with your ID or Account number to enable me to follow up on the complaint for you, this information can be sent via private message.

Regards

Claudette