CP
Casper P

1 reviews | Active since Oct 2017

16 Oct 2017, 11:43

ABSA BANK: KORPORATIEWE BOELIE

Nadat 'n ontevrede klient sy versekeringsmaatskappy op sosiale media aangevat het, het die Hoof Uitvoerende Beampte hierdie klient persoonlik besoek om hierdie probleem op te klaar, Nadat ek verlede week op Hellopeter 'n artikel geplaas het onder ABSA BANK : WOLF IN SKAAPSKLERE het ons 'n epos ontvang waarin ons besonderhede gevra was om die klagte te ondersoek. Nie 'n verdere woord van ABSA BANK nie. Hierdie optrede van ABSA Bank is weer 'n duidelike bewys van hulle boelie taktiek teenoor kliente.

Soos ons "agbare" President Jacob Zuma het ABSA Bank ook die taktiek om uit die hof te bly en sake te vertraag vervolmaak. Die bank het beweer ons het hulle geld geskuld en daarom het hulle op die goedere be**** gele en dit sonder die nodige hofbevel verkoop. Indien hierdie stelling wel korrek was sou ABSA Bank seker uitgesien het daarna om die saak af te handel. Eers is hulle advokaat met 'n saak in Bloemfontein en daarna argumenteer hulle oor waar die arbitrasie moet plaasvind, watter reels gebruik moet word en ook hoe 'n arbiter aangestel moet word. Wanneer ons op die meeste van hierdie argumente instem om net eenvoudig die saak afgehandel te kry verander ABSA Bank weer sy prokureurs en advokate. Die nuwe regsspan is nou nie tevrede met die reels nie en ook nie met waar die arbitrasie moet plaasvind nie. Daar word ook nie saamgestem oor die voorsitter nie en eis die nuwe regsspan dat alles terug verander moet word soos deur ons aan die begin voorgestel was. Nadat die arbitrasie ooreenkoms teen groot koste male sonder tal verander is probeer ABSA Bank en sy regsspan weer ander taktiek om die arbitrasie te vertraag.

Later word daar besluit om met die saak in die hof voort te gaan aangesien die oorspronklike dagvaardings nou reeds sewe jaar gelede uitgereik was. Daar word voor gehou ons sal binne drie maande 'n hofdatum kry. Die drie maande het intussen verander na ses maande, nege maande en ook twaalf maande. Daar word selfs nou gepraat van vyftien maande. Dit is tog ongekend dat 'n bank wat glo hy is reg nie aan dring dat die arbitrasie voortgaan nie.

Die probleem is egter, soos Jacob Zuma betaal hy nie vir sy eie regskostes nie en ontvang die senior bestuur by ABSA Bank prestasie bonusse vir al die geld wat hulle van kliente kan steel. Ek wil graag voornemende ABSA Bank kliente waarsku voordat hulle blindelings met 'n ABSA Bank 'n ooreenkoms aangaan en dan later soos ons met korporatiewe boelies sukkel.

0
Replies (1)
Absa
Absa's reply16 Oct 2017, 20:59
Official

Dear Customer

Thank you for bringing this matter to our attention. We will investigate the matter and furnish feedback shortly.

Kind regards
Vanessa Crowe
Group Customer Care
Absa Bank Ltd