LJ
Lune J

1 reviews | Active since Feb 2017

01 Feb 2017, 14:05

ABSA BANK HUISVERSEKERING

Nadat 'n eis geregistreer is op die 12de Januarie 2017 en ook 'n gesukkel om die "****rakteurs" op te volg is die geyser wel vervang. Maar nou nadat dit alles elke keer met 'n opvolg moes gebeur en elke keer wat dit van ons kant af moes gebeur het, is die skade aan die struktuur (kas en mure ens.) nog steeds nie herstel nie.

Nou net weer op die lyn waar ek aanhou sonder dat ek gehelp word of dat enige iemand al geantwoord het. Ek hou nou al 32:59 minute aan. Dit is sonder dat enige iemand van Absa al die foon geantwoord het. Ek het op Maandag 30 Januarie 2017 Absa ges***el nadat Absa bank se Assessor al op 19 Januarie 2017 kom asseseer het, en nog steeds geen terugvoer vanaf Absa ontvang nie.

Ek het op Maandag 30 Januarie 2017 met ene Thumi gepraat oor die eis, en hy het my meegedeel dat Absa nou vir my 'n e-pos sal stuur rakende die eis. Ek wag nou nog.

Die diens is uiters pateties. Geensins word die kliënte deur Absa ge****ak en op datum gehou rakende die eise nie. Ek het ook op Maandag na die telefoniese gesprek met Thumi 'n e-pos na Absa eise gestuur vir terugvoer rakende die eis. En ook op Dinsdag 31 Januarie 2017 en tot op datum nou op 1 Februarie 2017 nog steeds geen terugvoer van hul ontvang per telefoon of per e-pos nie.

Die diens is uiters swak om die minste daarvan te sê.

0
Replies (1)
Absa
Absa's reply01 Feb 2017, 16:28
Official

Dear Customer

Thank you for bringing this matter to our attention. Kindly provide us with your account number to log a formal complaint for investigation. We will investigate the matter and furnish feedback shortly.

Kind regards
Nthabiseng Sibande
Group Customer Care
Absa Bank Ltd