JK
Jaco K

1 reviews | Active since May 2020

08 May 2020, 20:35

ABSA bank finansiering

Ek het 21 September 2019 ’n Nissan NP 200 by Gys Pitzer Stormvoël gekoop. Die voertuig het van dag een af ’n probleem gegee(’n turbo probleem), Ek bly in Vanderbijlpark, so toe ek die bakkie in Pretoria by Gys Pitzer gaan afhaal het, het die bakkie 60km verder met die turbo probleem begin. Ek het die verkoopspersoon DADELIk in kennis gestel en hy het gesê ons sal dit Maandag 24 September 2019 uitsort.

Lang storie kort was daar besluit om die bakkie na ’n RMI geregistreerde werkswinkel naby my te neem vir herstelwerk. Die bakkie het vir twee weke gestaan waar ek sonder ’n voertuig gesit het-geen huurmotor/kompromie! Met ontvangs is die bakkie steeds nie reg(dieselfde probleem) en die bakkie moes vir ’n t****e keer ingaan vir herstelwerk. ’n Verdere week is verby waar die probleem steeds nie gevind is nie. Die verkoopspersoon het gesê dat ek die bakkie vir hulle in Pretoria moet terug bring vir herstelwerk uit hul werkswinkel.

Teen die tyd het my tydelike permit van die bakkie al verval en my nommerplate en lesensieskyfie is nie ontvang nie. Die verkoopspersoon het vir my gesê dat ek dit uit my eie sak moet betaal dan sal hulle my net "refund". Na ’n verdere drie weke is terugbetaling steeds nie ontvang nie. Ek het op my eie ontkonstes die bakkie vir hul geneem en op my eie onkostes met hul huurmotor terug gekom(ek moes intussen vir Gys Pitzer self ****ak om te vra dat hy moet reel vir ’n huurmotor want ek kan nie vir ’n verdere 2-3 weke sonder ’n voertuig sit nie). Ek het hulle ook ingelig soos aan die begin dat daar ander foute op die bakkie is wat hule asb. moet regmaak(verfwerk wat nie netjies gedoen is nie, "aerial" wat met "pretley putty geplak is, "rattles" op die bakkie, ens.) Die bakkie het vir ’n verdere 3 weke by Gys Pitzer gestaan waar hulle vir my sê daar is water in die diesel gevind. Hulle het my belowe dat die bakkie nou 100% reg is.

Na drie weke het ek weereens op my eie onkostes die bakkie gaan haal en terug gekeer VDBP toe. Die bakkie was toe wel reg vir skaars twee weke waar hy toe weer met dieselfde probleem begin het. Die ander klein fouties op die bakkie is ook nie 100% reggemaak nie. Ek het WEEREENS die bakkie terug geneem Gys Pitzer toe op my onkostes vir herstelwerk. Ek het Gys Pitzer drie keuses per e-pos gegee: 1. Maak alles op my bakkie reg wat foutief is. 2. Soek ’n ander voertuig en kanselleer die huidige een. 3. Ek bel die bank en vertel die hele storie.

Gys Pitzer het opsie 1 gekies, maar ek het die bank per e-pos ook ingelig en die hele storie vertel en gevra vir ’n "upliftment" op die ****rak. Ek het met Francinah Malatji van ABSA in ****ak getree en haar voorstel was dat ek die bakkie moet terug stuur vir herstelwerk. So gesê, so gedaan. Ek het op 7 Desember 2019 getrou en het letterlik die verkoopspersoon gesmeek om my bakkie vroegtydig klaar te maak omrede ek op Wittebrood met die bakkie na Sodwana gaan. Dit is my enigste vervoer. Ek het die bakkie op 4 Desember 2019 ontvang en Gys Pitzer het my hul woord van eer gegee dat die bakkie nou 100% reg is en dat hulle amper 400 km met die bakkie gery het om hom te toets(volgens my fotos wat ek met aflewering en met ontvangs geneem het, het hul skaar 150 km gery).

So op 7 Desember 2019(my troudag) het die bakkie weereens dieselfde gedoen(oppad na my troue). Ek het daar en dan die verkoopspersoon(Rynhardt Serfontein) ingelig en hom in kennis gestel dat die bakkie Maandag 9 Desember 2019 reg is om op te tel. Ek is nou klaar met die bakkie!!! Ek moes ’n ander plan maak met vervoer om op wittebrood te gaan. Die verkoopspersoon was bereid om die bakkie 10 Desember 2019 af te haal, totdat die bestuurder Pieter Bouwer ’n stokkie daarvoor gesteek het. EK het weereens die bakkie op 5 Februarie 2020 terug geneem na Gys Pitzer vir herstelwerk omdat dit WEEREENS ABSA bank se voorstel was(die rede omdat dit so lank gevat het is omdat ek intussen met ABSA en Gys Pitzer "baklei" het om ’n "upliftment" op my ****rak te doen omdat ek my vertroue in die voertuig verloor het). Vir die volgende drie weke het niks van Gys Pitzer gehoor nie, waarvan ek toe verneem dat die verkoopspersoon nie meer daar werk nie. Ek het vir Gys Pitzer self ge****ak en die storie met hom opgeneem. Hy het omtrent gal afgegaan op my en gemaak of ek die verkeerde een is (let wel: die huurmotor se lesensieskyf het 31 Desember 2019 al verval asook die permit wat slegs vir drie weke geldig is). Pieter Bouwer het my ge****ak en gesê dat hy nou "hands-on" is op my bakkie en dit vir my sal uitsort. Die bakkie het vir 6 weke gestaan waar Pieter Bouwer my per Whatsapp ingelig dat die bakkie VERSEKER teen volgende week(’n week voor lockdown) sal klaarwees(dit is nou nadat ek niks van Pieter gehoor het en ek besluit het om hom te Whatsapp). Teen 25 Maart 2020 wag hul nog vir ’n "headgasket"(maar hy het my op 18 Maart 2020 telefonies ingelig dat hulle nou alles het en net aan mekaar moet sit). Ek het die bakkie toe nie voor "lockdown" ontvang nie.

Teen Maandag 4 Mei 2020 het ek Pieter geWhatsapp en gevra of hul oop is en wat die plan van aksie is. Hy het my per Whatsapp ingelig dat hulle werkswinkel oop is en dat hulle my bakkie begin klaarmaak. Ek het hom Woensdag 6 Mei 2020 gevra hoe staan dinge en toe kom die storie dat hulle nog wag vir ’n "headgasket", hy sal my Vrydag 8 Mei 2020 ’n "headsup" gee. Dit is nou vandag Vrydag 8 Mei 2020 en ek het Pieter Bouewer 3 keer gebel en een keer gewhatsapp en gevra vir terugvoer. Geen terugvoer is ontvang nie en hy ignoreer my whatsapps asook oproepe. Geen terugvoering van ABSA bank is tot dusver gekry nie.

My bakkie staan nou al vir 13 Weke waarvan ek elke maand die paaiement ASOOK versekering moet betaal vir ’n voertuig wat ek nie het nie!!!!!!

As ek geweet het dat ABSA bank so treurig is om hul kliënte te help dan sou ek deur ’n ander bank finansiering gedoen het, Van Gys Pitzer in geheel wil ek nie eers oor praat nie!

Ek is raadop en weet nie meer watter kant toe nie want dit is elke keer net "repair, repair en repair"!!!!

Ek wag in spanning vir terugvoering van ABSA bank, want dit kan wragtig nie meer so aangaan nie! PATETIES!

0
Replies (1)
Absa
Absa's reply11 May 2020, 18:12
Official
Dear Jaco Kruger Thank you for bringing this unfortunate matter to my attention and please accept my sincere apology . I will review and provide you with my specific contact details as well as your unique complaint reference number, and an expected timeframe for further feedback within the next four hours .   Kind regards,Daphne Le GrangeGroup Customer Care