1 reviews | Active since Apr 2019
Absa App Pateties Pateties
Absa se selfoon app is pateties. Reageer stadig sodat 60 sekondes uitloop voor enige iets gekry word. Kry "something went wrong" boodskappe, en probeer my na die menu op die app stuur en kry nie die app om te link nie om na die menu te gaan nie. Kry net something went wrong boodskap of try again. Bel die ***nommer en word van bakboord na stuurboord gestuur met ellelange advertensies vir 5 minute lank en dan word vir my gese die queue is minstens 5 minute. Wil nuwe rekening skep, maar vorder nie. Dis nie die eerste keer nie. Het 'n Discoverybank rekening en app gehad en NOOIT die probleem ervaar nie. Dit laat my wonder. Absa sal iets hieraan moet doen. Ken ten minste nog twee persone wat presies dieselfde probleme ervaar. Die een dreig reeds geruime tyd om van bank te verander. Mens wil nogal wonder...
