KvdB
Kobus van den Berg

1 reviews | Active since Oct 2016

08 Nov 2016, 13:21

Swak Produk AA Staalwerke (Pty)Ltd

<p>Ek het die manne gebruik vir n afdak wat ek wou opsit. Bitter swak produk wat hulle lewer. 2x6m afdak wat geen stutte het vir die sinkplate nie, gevolg is afdak hang. Op 6 meter lengte is hy aan muur vas en dan 1x paal ipv n stewige afdak het hulle n hoenderhok gebou (die word rondgeruk deur die wind en agv geen stutte vir 2x6m se sinkplate klink dit baie gevaarlik as die wind waai). Die manne het my geute ook raaksgesny en die gedeelte sink aan die punt van die afdak is so skeef gesny dat dit inreen. Afdak lek ook teen die mure en verby die geute. Ek sal nie enigeen na hulle verwys nie behalwe as julle wil sukkel. Toe ek hulle nader om die defekte te herstel word daar gese dat ek geen waarborg het nie en dat hulle my sal kwoteer op die werk wat gedoen moet word. Ek gaan probeer fotos oplaai wat alles se (****ak my enige tyd vir fotos van die swak werk)</p>

0
Replies (0)