CS
Chanel S

1 reviews | Active since Apr 2023

03 May 2026, 09:35

Uitstekende diens onder druk.

Ek wil graag my opregte waardering uitspreek vir die uitstekende diens wat 33 Movers gelewer het. Ek was op die laaste oomblik in ’n baie moeilike situasie toe die trok wat ek vooraf gereël en reeds betaal het, nie beskikbaar was nie.

Ons moes tussen dorpe trek wat ongeveer 3 ure uit mekaar is, en het slegs een dag gehad om alles af te handel.

33 Movers het vinnig opgetree en self reëlings getref om ’n trok te bekom sodat die trek steeds kon voortgaan.

Ten spyte van verskeie uitdagings en tydsdruk, het hulle professioneel en toegewyd gebly en die werk voltooi deur die aand en tot in die vroeë oggendure.

Dit getuig van uitstaande dienslewering en toewyding. Ek kan 33 Movers met vertroue aanbeveel aan enigiemand wat op soek is na betroubare en professionele verhuisingsdienste.

0
Replies (0)